Baba ontvoer by hospitaal

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

ʼn Baba van tien dae oud is Donderdagaand uit die Worcester-hospitaal ontvoer.

“Die babaseuntjie, wat ʼn blou babapakkie aangehad het en in ʼn blou en geel kombersie toegedraai was, het verdwyn tydens besoektyd by die hospitaal,” het Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die omstandighede rondom die ontvoering word ondersoek en ons doen ʼn dringende beroep op die publiek om na vore te kom indien hulle inligting het.” Rwexana het lede van die publiek wat inligting het, versoek om die Worcester-polisie by 023 348 8600 of 08600 10111 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gesiggie ·

Ek verstaan nie hoe so iets kan gebeur? hoe maklik is dit vir iemand dan om in n Hospitaal met n ander een se kind weg te stap? waar was die Ma van die baba? of is hy net sommer uit die kamer gevat”’ waar is die sisters wat moet toesig hou… is daar dan nie iets soos kameras? indien nie stel ek voor hul maak n plan. veral in n kraam saal. Dit maak n mens bang om te dink, dat dit so maklik is… om net n kind te vat uit n Hospitaal, sonder dat enige iemand iets sien? hoop die seuntjie word gevind .

Liewe lulu ·

Baie maklik. Deesdae le die baba in n wiegie langs die ma se bed. Die ma gaan badkamer toe en woep weg is die baba.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.