Baba ‘ontvoer’ en langs pad gelos

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Mpumalanga is op soek na ʼn verdagte wat glo ʼn baba ontvoer en langs ʼn pad gelos het.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê die baba se ma het hom Sondag in die sorg van sy ouma in Thubelihle naby Kriel gelos. Die ouma het ʼn oog oor die seuntjie gehou terwyl sy haar huistake afgehandel het.

Volgens Mohlala het die ouma omstreeks 13:00 gaan kyk of die seuntjie iets nodig het en toe was hy nêrens te vinde nie. Die ouma het onmiddellik die polisie in kennis gestel en gemeenskapslede het dadelik ʼn soektog na die vermiste baba van stapel gestuur.

Mohlala het gesê die polisie het omstreeks 10:00 Maandag ʼn anonieme oproep ontvang dat die baba langs die hoofpad buite Thubelihle lê. “Die familie is ontbied om die baba uit te ken.” Volgens Mohlala was die baba skoon en netjies aangetrek en gesond.

Die polisie ondersoek die saak om die motief vir die beweerde ontvoering vas te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Ek dink die “ontvoerder” het paniekerig geraak toe sy sien die gemeenskap begin SAAM soek na die baba. Dit wys jou: as ons saam staan kan misdaad bekamp word. Ek hoop hulle kry die sondebok!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.