Baba ontvoer tydens huisroof

Die 14 maande oue Siya Mlambo

Die 14 maande oue Siya Mlambo

ʼn Span maatskaplike werkers het Donderdag ʼn Soweto-gesin besoek ná die ontvoering van ʼn 14 maande oue baba vroeër die week.

Die babaseuntjie, Siya Mlambo, is Dinsdag tydens ʼn huisroof ontvoer. Twee verdagtes het sy ma na haar huis in Protea Glen gevolg. Hulle het die huis binnegegaan en geld van die ma en baba se oppasser geëis.

Die verdagtes het die ma in haar motor ingedwing en na ʼn kitsbank gery waar hulle haar gedwing het om geld te trek. Met hul terugkeer na die huis het hulle die babaseuntjie ontvoer en met selfone en ander huishoudelike items gevlug. Die ma en oppasser is vasgebind.

Nandi Mayathula-Khoza, LUR vir die departement van maatskaplike ontwikkeling in Gauteng, het gesê die maatskaplike werkers het traumaberading aan die gesin verskaf. “ʼn Mens mag nie oordeel nie, maar om ʼn kind se lewe in gevaar te stel kan nooit geregverdig word nie. Dit is net ʼn onskuldige kind wat niks weet nie.”

Mayathula Khoza het enigiemand wat moontlik inligting oor die voorval het, versoek om kol. Van Wyk by 082 308 7487 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ella ·

Daar is nie respek vir lewe in ons land. Van ongebore babas wat ge-aborteer word , links en regs tot bejaardes. Mens kan nie help om te wonder oor d konneksie van die feit dat aborsie wettiglik goedgekeur is in 1996 en al d disrespek vir lewe daarna Nie. Hoe kan n land respek hê vir lewe as daar nie eers respek is vir lewe waar dit begin nie

Diewaarheid ·

Stem saam (Like knoppie???) Mandela in sy amp het die aborsiewet goedgekeur. Meeste verafgod die man maar hy het die hekke van die hel oopgemaak oor SA.

neelsie ·

Hierdie naweek word haloween gevier.
Versigtig ,sataniste is op soek na kinders.
Bid dat die kind ongedeerd is.

idi ·

Sterkte aan die Ma, Familie asook die oppasser.

Mag jy gou gevind word kleinding en terug keer na al jou geliefdes.

Hou duim vas en bid dat die sauna gou en veilig gevind word.

Tryn ·

NEE! Die arme ouers. Ek bid dat die outjie veilig en spoedig gevind sal word.

Elmarie ·

Ek ruik ‘n rot in die storie. Hoekom het die oppasser nie alarm gemaak terwyl die ma na die bank geneem is nie.

Lientjie ·

Ai Elmarie hou jou vrot rot, hier is ouers en n oppasser wat deur hel gaan. Een van die ouens kon by die oppasser gebly het terwyl die ma gaan geld trek het. Klink my jy was daar…

Helena ·

In die berig word gemeld dat die ma agtervolg is tot by haar huis. Die ma en oppasser is vasgebind. Nêrens word melding gemaak van die pa nie. Maar dat dit baie traumaties en hartseer is kan geen mens ontken nie. Sterkte aan die ouers.

Elmarie ·

Lientjie, toe is die rot nie so vrot. Die nanny is gearresteer vir ontvoerding.

Christine v Rooyen ·

Nou nou net op die radio gehoor die seuntjie is gekry in Newcastle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.