Baba-ontvoeringsdrama: Sekere klagte teen ma laat vaar

Baba Siwaphiwe Mbambo (Foto: Rescue Control SA)

Baba Siwaphiwe Mbambo (Foto: Rescue Control SA)

Die aanklagte van ontvoering teen Sibongile Mbambo (34) en Phumlani Mbongazi (26) is Woensdag in die Durbanse landdroshof laat vaar.

Hulle word van bedrog en dwarsboming van die gereg aangekla en is op borgtog van R1 000 elk vrygelaat.

Vaneshree Moodley, staatsaanklaer, het gesê ná deeglike oorweging is besluit om die klag van ontvoering te laat vaar.

Moodley het gesê die twee word aangekla van bedrog omdat hulle die polisie glo om die bos gelei het en toegelaat het dat staatshulpbronne misbruik word. “Die aanklagte van dwarsboming van die gereg het te doen met die saak van kaping wat geopen is. Dit het reaksie van die publiek ontlok en weereens staatshulpbronne vermors.”

Die staat het nie die aansoek om borgtog teengestaan nie, maar wel vir landdros Mahomed Motala gevra om die publiek se reaksie in ag te neem wanneer hy oor die borgtogaansoek besluit.

Andile Dakela, Mbokazi se regsverteenwoordiger, het namens hom ʼn beëdigde verklaring aan die hof voorgelees.  Hy is ʼn metertaxibestuurder en bedryf ook ʼn snoepwinkel. Hy het drie kinders en kan borgtog van R1 000 bekostig.

Mfanafuthi Biyela, Mbambo se regsverteenwoordiger, het aan die hof verduidelik Mbambo is ʼn onderwyser en die broodwinner van hul gesin. Volgens Mbambo is haar man werkloos en het sy vier kinders om te onderhou.

Motala het gesê daar is nie ʼn rede om die beskuldigdes se borgtogaansoeke te weier nie, aangesien nie een van hulle ʼn vlugrisiko is nie.

Maroela Media het vroeër berig dié twee het Maandag vlugtig saam in die hof verskyn.

Baba Siwaphiwe Mbambo nadat sy veilig gevind is. (Foto: Verskaf)

Baba Siwaphiwe Mbambo nadat sy veilig gevind is. (Foto: Verskaf)

ʼn Volskaalse soektog is Vrydag na baba Siwaphiwe van stapel gestuur nadat haar ma se motor, met haar daarin, as “gekaap” in Greyville aangemeld is. Volgens Mbambo het twee gewapende mans haar by die City View-winkelsentrum oorval en gekaap.

Mbambo, wat getroud is, het toe gesê sy en haar agtjarige seun is tydens die kaping uit die voertuig gegooi, waarna die kapers met die baba weggejaag het. Die voertuig is later verlate op die hoek van Moodie- en Donovanweg in Montclair opgespoor.

Die polisie, paramedici, veiligheidsbeamptes en verskeie bekommerde inwoners het dadelik na die “kapers” begin soek en ʼn beloning van R250 000 is uitgeloof vir inligting wat daartoe kon lei dat die kind so spoedig moontlik en veilig opgespoor word.

Die polisie het Saterdag in die vroeë oggendure ʼn motor by die Mariannhill-tolplaza (naby Pinetown) voorgekeer. Die baba is ongedeerd in die voertuig gevind. Drie verdagtes, die kind se ma, haar minnaar en nog ʼn vrou, was in die motor en is in hegtenis geneem.

Dit het geblyk die hele voorval was beplan. Die motief vir die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ja hoor ·

Ag wat, laat vaar ALLE KLAGTES teen haar en gee haar kind vir haar terug, dit is mos die regstelsel waarop ons moet staatmaak. Daarna stuur haar weer terug skooltoe om met die ander mense se KINDERS te werk. Who cares? Dit is tog ‘n grap, meeste misdadigers kom vry omdat hulle aan ‘n sekere etniese groep behoort. Laat hulle vry, moenie laat hulle verder ons belastingbetalers se geld mors nie. Dit was hulle kind wat hulle in gevaar gestel het.

Denise ·

Ja hoor Ek stem 100% saam met jou dit is PATETIES !!!! Hoekom word wit mense anders behandel en dit wanneer hulle hulle self beskerm????? Is daar dan verskillende regstelsels???? Without prejudice

Bee ·

Sjoe, maar dis skrikwekkend om te sien hoe dinge al hoe meer en meer negatief uitdra vir ons land! Maar wie is ons om te oordeel, ne… Ons was nie in die hof nie en ken ook nie al die feite nie maar ons is slim genoeg om te weet dat dit so verkeerd is wat hier besluit is… n ma beplan ‘n ontvoering en word op borgtog vrygelaat oor sy aan kinders se toekoms voorsien in opvoeding…ag asseblief….

Ouma ·

Ja wat wou!! Laat hulle maar gaan!!! Dit was in elk geval net vir die geld! R250.000! Laai die baba af, bel en se waar ander dame in kar kry die geld ons 3 deel dit en siedaar!! Almal het gescore! Party ouens is net sluer en skelmer! Verkeerd gedink hierdie keer! Lee hande!!

Annie ·

Dagvaar hulle vir die koste. As hulle nie die geld het nie laat hulle Community service doen vir 3 jaar .. by hospitaal

Reinette ·

Ek dink ook hulle moet alle kostes van die soektog betaal.
Die flinke optrede van die polisie om die baba ongedeerd te kry en die skelmspul te ontbloot… wel gedaan, manne.

Christa ·

Sy het 4 kinders om te onderhou – nogal ne? Was dit ‘n manier om van een ontslae te raak en selfs geld daaruit te maak? Kon die ma nie wag totdat sy oud genoeg was en vir labola aan haar toekomstige man verkoop word nie? Dis mos hoe hulle dit doen.

SARIE VAN HEERDEN ·

Wees realisties. Hoe gaan hul betaal want hul het reeds ‘n string kinders om te onderhou. Maar wag! Hul kry darem seker “grants” waarmee hul hul boetes kan betaal. Maar moet hul tog asb nie in die tronk aanhou sodat ons belastingbetalers NOG moet betaal vir hul huisvesting nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.