Baba ook dood in kop-teen-kop-botsing

Drie passasiers van die blou Volkswagen het in die ongeluk omgekom (Foto: Verskaf)

Drie mense, onder wie ʼn maand oue baba, is Maandag dood toe twee motors op die R39-pad naby Lothair in Mpumalanga in ʼn trompop botsing betrokke was.

Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het ʼn blou Volkswagen Polo TSI van Ermelo in die rigting van Lothair gereis toe dit reg van voor teen ʼn Audi A3-sedan gebots het. Die Audi het in die teenoorgestelde rigting – in die rigting van Ermelo – gery.

“Volgens berigte is die drie passasiers van die Polo, onder wie ʼn maand oue babadogtertjie, ʼn 13-jarige seun en ʼn 27-jarige vrou, op die toneel dood verklaar,” sê Mohlala. “Die bestuurder en nog twee passasiers van die Polo het ernstige beserings opgedoen.

“Die twee passasiers van die Audi het ook ernstige beserings opgedoen.”

Al die beseerdes is per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

Die polisie in Lothair ondersoek ʼn saak van manslag. Die oorsaak van die ongeluk is in hierdie stadium nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Swerwer ·

Altyd wonderlik dat die oorsaak van die ongeluk onbekend is.

Maritza ·

Hulle onder soek mos nou die saak, beter om seker te maak as om te bespiegel

Roek ·

Die publikasie kan nie ‘n oordeel vel op wie nou skuldig is al dan nie, die hof besluit dit anders maak MM moontlik bewerings wat later teen hul kan tel !
Dit is duidelik iemand het aan die verkeerde kant gery maar wie en waarom !

Nella ·

Dit is seker maar moeilik om die oorsaak te bepaal indien daar nie ooggetuies was nie

Renier ·

as daar nie rem merke of oog getuies is,is dit nie altyd maklik nie, maar heel moontlik het een van die twee iemand probeer verby steek.Heel moontlik n trok wat sig belemmer het.

Rudi ·

RIP die oorledenes. Roekelose bestuur van ons mense. Ek sien dit daagliks.

Watsenaam ·

Tragies, dis nie swak bestuurs werk nie. Dis die regering se skuld. Die paaie in daai nomgewing is so vol slaggate dis n wonder daar sterf nie meer mense daar nie. Kan ons gewone belasting betalers n eis vir vergoeding teen die regering instel.

Roek ·

Jammer oor die verlies, mense is werklik baie onbedagsaam op die pad ! Ai dit is erg om so ‘n toneel op te ruim en om die verminktes te help uithaal, sterkte ook aan die mense wat werklik hul werk doen vir julle bid ek ook want ek het nog nooit herstel van al die trauma wat ek beleef het toe ek nog op die pad was nie !!

Marius ·

Oorsaak – Spoed en kanse vat waar nie verby gevat kan word nie.

Klaar me Maroela ·

Soos iemand genoem het: die paaie in daardie omgewing is vol slaggate. Een van die bestuurders het moontlik uitgeswaai vir ‘n slaggat, maak die som.

Nico ·

Onverskilligheid, spoed, geen dissepline is op die paaie die inding vandag asook altyd haastig vir ‘n afspraak, indien dit die geval is ry vroeër van die huis af en maak behoorlike tyd en beplaning.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.