Baba oorleef koeëlreën waarin pa langs hom sterf

Argieffoto

ʼn Vier maande oue baba het Sondag oorleef ná sy pa reg langs hom doodgeskiet is terwyl hulle gelê en slaap het.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Sondag omstreeks 16:50 plaasgevind.

Twee verdagtes van die Hondekoppe-bende het na bewering Sondag afwaarts in Bibbylaan in Bloemendal geloop en skote afgevuur. “Toe inwoners van ʼn huis sien hulle betree hulle erf het hulle by die agterdeur uitgehardloop,” het Naidu gesê.

Die verdagtes het die huis binnegegaan en is na Dillon Barnard (21) se kamer waar hy en sy vier maande oue seun geslaap het.

“Hulle het op hom losgebrand en hy is dood. Die kind het ʼn skraapwond op sy bors opgedoen en is reeds voor die polisie se aankoms na die hospitaal gehaas.”

Volgens Naidu was lede van die polisie se sigbarebende-ingrypingspan in die omgewing en het onmiddellik reageer toe hulle die skote hoor.

“Met die hulp van die gemeenskap is twee verdagtes gewaar wat tussen die huise hardloop,” het Naidu gesê. Een het agter by die huis uitgehardloop en die polisie het hom te voet en met ʼn voertuig agternagesit.

“Hy is in Bardienstraat vasgetrek en daar is ook beslag gelê op ʼn vuurwapen toe hy dit op ʼn huis se dak probeer gooi het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pieter ·

Sal daarop wed dat die vuurwapen een is wat ingehandig was by die polisie en weer verkoop is aan die bende.

Wilma ·

Govt moet verantwoordelikheid aanvaar vi die gemors waarin die land is. Gn wet en orde bestaan. Rommelland met rommelwette

Neels ·

Jy mag dal reg wees maar ons sal nooit weet nie. Ons word ontwapen , met die dreigement dat ons toegesluit gaan word. Die krimineel in teendeel is net meer en meer gewapen met onwettige wapens. Daar veg die polisie n verlore oorlog

Vryheid. ·

Ons eie tuisland? Suid Afrika is ONS tuisland. Die oplossing le nie in self/eie beskiking nie. Maar in die bereidwilligheid van die bedorwe swart meerder heid se same werking. Die oomblik as daar ontslae geraak kan word van die groep magbeheptes wat hulle self die amp van regering toe-eien sal die land radikaal verander. Daar is soveel empatie en bereidwilligheid tot samewerking tot almal se voordeel onder die werkendes en gematigdes, dat die regergering van die dag n as n skande deur almal ervaar word. Die spreekwoord se “n vis vrot van sy kop af ondertoe” is beslis die geval in Suid Afrika.

Tian ·

Ons probeer dit al vir dekades, hulle stoot ons weg. Nee, selfbeskikking sal ons redding wees, niks anders nie.

Leeutjie ·

Plaas dat hulle dankie se dat ons ‘n leeftyd vir hulle sorg. Van my kinderjare af het ons vir ons mense wat op ons plot gewoon het gesorg… Salaris, vars groente en vrugte, melk en vleis… Daardie mense het ‘n beter lewe gehad as nou want alles was gratis. My pa het gesorg dat ons almal voorsien is van alles en vandag beweer die oningeligtes dat hulle onder druk was. Daardie tyd het die swartmense en witmense skouer aan skouer gewerk en ons as kinders het saam gespeel tot donker toe… Vra vir die oues wat nog leef en hulle sal se dat dit daardie tyd beter gegaan het as nou. Daar was ‘n stewige greep deur die regering om onregeerbaarheid… Niemand het weggekom met moord nie, inteendeel daar was nog die doodstraf. Ons ken dit nie en dis hoekom dit vir ons so moeilik is om aan te pas by al die gemors wat deesdae in en om ons huise gebeur.

Theresa ·

Dankie dat jy sê wat so baie van ons van kan getuig.
Die rebelse wanorde-liefhebbers – grypers van als wat hul wil hê en nie noodwendig verdien nie – dis die reuse probleem. Duisende sal van goedheid kan getuig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.