Baba oorleef na sy in vlak graf begrawe is; ma vas

Argieffoto

’n Pasgebore baba het oorleef nadat sy vir langer as 24 uur in ’n tas in ’n vlak graf begrawe was in Tsomo in die Oos-Kaap.

Die babadogtertjie is Maandagoggend by ’n huis in die Xolobe-nedersetting gebore waarna die ma haar begrawe het.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, is die polisie Dinsdagmiddag na die nedersetting ontbied nadat ’n plaaslike hoofman sy kommer uitgespreek het oor ’n vrou wat nie meer swanger is nie, maar nie ’n baba by haar gehad het nie.

Polisiebeamptes het ’n vlak graf langs ‘n grafsteen in die erf gevind en nadat dit oopgegrawe is, het beamptes op die baba in komberse binne die tas afgekom. Dispatch Live berig die grafsteen is die van die baba se grootouers.

Die baba het steeds geleef en is vir behandeling na ’n hospitaal geneem. Die ma is in hegtenis geneem en is onder polisiebewaking vir mediese behandeling na ’n hospitaal geneem.

’n Saak van poging tot moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Sarel ·

Die term ” ma ” moet uit sulke berigte verwyder word..
Waar is die ” manlike spesie” wst hier betrokje was.

Yvonne ·

Wow…dankie genadige Here….U het die laaste se oor lewe en dood….gebruik so ook hierdie dogtertjie tot eer en verheerliking van U Naam

Nici ·

Ek wonder nogal of mense net soveel empatie en begrip gaan he vir hierdie ma wat ook nie kon copee nie as wat mense het vir Dr Dickason wat nou in NZ aangekla word. Hierdie vrou is natuurlik onbekend, ongetiteld en waarskynlik arm en onbelangrik, sonder invloedryke vriende om vir haar te advocate.

Yvonne ·

Dis waar. Ek het al met mense te doen gehad wat absoluut desperaat en reddeloos gevoel het en dan ‘verloor’ hulle hulself en doen die soort ding. Net bly die arme kleinding het oorleef en ek hoop sy word in ‘n goeie en liefdevolle huis geplaas. Hopelik kry die ma die hulp wat sy benodig. Hierdie wêreld is ‘n harde en vieslike plek vir die meerderheid mense op hierdie aarde.

Tiptol ·

Jy laat my dink met jou kommentaar. Dalk is ons te gou om te oordeel of te oningelig.

Jr ·

Simple then don’t have unprotected sex. She knew all along what she was going to do. Why carry the child 9 months. If she was raped then she could report it and have a counselor make a professional decision about the fact

Attie ·

Dickson se saak is nog duister. Die ware feite is nog nie beskikbaar nie
Die twee sake het niks met mekaar uit te waai nie. So hoekom haar betrek. Die vrou egter het haar baba lewendig begrawe. Wie laat iemand dood smoor. Dis nie ‘n mens wat dit doen nie

Debbie ·

Alle vroue wat gevang word wat hul babas weggee, vermoor ens moet onmidellik gesteriliseer word sodat hulle dit nie weer kan doen nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.