Baba op ashoop gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die Vrystaatse polisie is steeds op soek na die ma van ʼn pasgebore babadogtertjie wat op ʼn ashoop in Bloemfontein gevind is, met ʼn doek in haar mond gedruk.

Sers. Ikobeng Hlubi, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is verlede week na die ashoop in Kerkstraat in Fase 2 ontbied. Daar het hulle die babadogtertjie van omtrent sewe dae oud, op die ashoop gevind.

“Sy het nog gelewe en was in ʼn ou duvet toegedraai met ʼn babadoek in haar mond gedruk. Paramedici is ontbied en die baba is na ʼn hospitaal gehaas,” het Hlubi gesê. Die baba is sedertdien uit die hospitaal ontslaan en in ʼn plek van veiligheid geplaas.

“Die polisie het die gemeenskap se hulp nodig om die ma van die baba op te spoor. As enigiemand weet van iemand wat swanger was en onlangs geboorte geskenk het, maar nie nou met ʼn baba gesien word nie, meld dit asseblief aan by konst. Matlale Sello by 051 406 4496/99 of 073 708 5493,” het Hlubi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Mismoedig ·

Hoe slaap ‘n ma in die nag nadat sy so iets gedoen het? Hoe emosieloos, harteloos en hard kan enige mens wees om jou eie vlees en bloed net so op ‘n ashoop te gooi. Heg die mensdom dan geen waarde meer aan die lewe nie. Het hulle so mismoedig, magteloos, en gefrusteerd geword dat hul net nie meer omgee nie?

m ·

Mense het nie meer gewete nie, dis hoekom hulle dit so maklik doen.

Patricia ·

Ai hoekom het sy dan nie eerder die baba laat aanneem nie. Daars soveel vroue wat smag om n baba te kan he. Hoekom die kind op n ashoop gooi. Sy kon mos eerder die baba op iemand se stoep gaan sit het. Ek ken nie haar omstadighede nie. Mag JESUS haar vergewe.

Sarie 2 ·

Die Aborsie-wet is mos ingestel om onngewenste swangerskappe te beëindig. As ‘n mens dit dan moèt doen???

A ·

NEEEE nie aborsie nie! Wat is dit anders as om jou baba op ashoop weg te gooi? Dink mense n baba voel eers wanneer hy of sy gebore word? Nee!!!!!

Sarie 2 ·

@ A: Het jy die artikel, met fotos vd vorige “ashoop-baba” etlike jare terug in die Huisgenoot gelees? Het jy gesien hoè die rooimiere hom gevreet het terwyl hy hulpeloos daar gelê het? Dank God dat iemand hom gevind het & na ‘n hospitaal geneem het!!! Ek weet nie of hy oorleef het nie, maar kan jy jou die pyn wat hy moes verduur indink??? Maak my vorige kommentaar nou vir jou ènige sin? Ek is al ‘n ouma grootjie & is beslis nie gevoelloos nie. Bid maar dat àlmal “spoedig” dieselfde vlak van opvoeding sal bereik as “òns”. DIT sal ‘n gròòt verskil maak…

CB ·

Dis baie mooi gesê. As almal net dieselfde vlak van opvoeding sal bereik sal SA baie anders wees. Mens kan ni glo wat mens meer hoor en sien nie. Hart verskeurend en skokkend!

Tessa ·

My hart breek! Ons probeer al 12 jaar om swanger te word en is al 2 jaar op die lys vir aanneem ouers. Hoe word mens nie kwaad oor sulke nuus nie. Mens ken nie haar omstandighede nie en kan net hoop sy sal vrede met haarself kan maak. Dank die Vader dat die poplap nog lewe, mag se n wonderlike lewe he met die bestd ouers ooit. Sou wat wou gee om haar vir myself te he!

*hartseer* ·

Maak mens so kwaad. Maar dis n feit da word baie babas so weg gegooi. N slim idee somer babas moet n tagg kry wat net hosp kan af haal met hul ma se naam op ! Dis al hoe mens die gemeen mense kan vang

Vicus ·

As ek kyk hoe liefdevol my Duitse Herdershond haar kleintjies hanteer, dan moet julle my verskoon as ek dit se: Barbarisme in die ergste vorm! Hoeveel vroue hunker nie na n kindjie nie, terwyl dit vir baie nooit beskore is nie.

Ann ·

Dan wonder mens hoekom het sulke mense kinders!!!
En as ek my kommentaar mag lewer: aborsie is niks anders as moord nie!! As sy nie die kind wou hê nie, hoekom het sy dan die kind in die eerste plek laat verwerk?
Die Here skenk aan jou ñ lewetjie om te versorg, maar Hy skenk ook aan jou ñ brein om te dink voor jy doen.

Sue ·

Dink ook ‘n permanente digitale merk onder elke nuut gebore baba se vel sal help om moeders en verlore kinders op te spoor.

Ilse ·

Ek dink dis siek. So vrou verdien nie eers om swanger te raak nie. En aborsie is moord. Dis teen God se wil. Dis ‘n sonde en so ook om die arme mensie so weg te gooi. Gee haar dan eerder vir iemand wat meer as bereid sal wees om na haar te kyk en haar liefde sal gee. God slaap nie mense. Die wiel draai al draai hy stadig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.