Baba op snelweg: Ma se psigiatriese verslag gereed

Argieffoto

Argieffoto

Die Vereeniging-landdroshof gaan na verwagting Maandag die psigiatriese verslag ontvang van die 19-jarige ma wie se babaseuntjie vroeër vanjaar op die N1 naby die Grasmere-afrit gestap het.

Die vrou is op 5 April in hegtenis geneem, twee dae nadat haar 16 maande oue babaseuntjie ʼn noue ontkoming met ʼn vragmotor op die snelweg gehad het.

Die ma is in Julie skuldig bevind aan poging tot moord en kinderverwaarlosing. Sy het skuldig gepleit op albei aanklagte en is op borgtog van R500 vrygelaat.

Sy is in September vir sielkundige waarneming gestuur voordat haar vonnisoplegging kan begin. Sy is in Sterkfontein opgeneem, is ʼn psigiatriese hospitaal buite Krugersdorp in Gauteng.

Lees die vorige berigte oor die voorval hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.