Baba op snelweg: Ma vir ondersoek gestuur

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 19-jarige vrou wie se babaseuntjie op die N1 naby die Grasmere-afrit gestap het, is vir sielkundige waarneming gestuur.

“Die landdroshof in Vereeniging het Dinsdag die vrou na Sterkfontein verwys sodat haar geestelike toestand ondersoek kan word,” het Busaphi Nxumalo, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, gesê. Sterkfontein is ʼn psigiatriese hospitaal buite Krugersdorp in Gauteng.

Die vrou is op 5 April in hegtenis geneem, twee dae nadat haar 16 maande oue babaseuntjie ʼn noue ontkoming met ʼn vragmotor op die snelweg gehad het.

Die vrou is vroeër skuldig bevind aan poging tot moord en kinderverwaarlosing.

Haar saak is tot 2 Desember uitgestel.

Lees ook:
Ma skuldig bevind ná baba op snelweg stap
Baba loop op N1: Ma aangekla van poging tot moord
Ma verskyn in hof oor baba op snelweg
Ma vas oor baba op snelweg
Baba loop op N1-snelweg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.