Baba op vloer gegooi: Man vas

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die pa wat glo sy drie maande oue babadogtertjie tydens ʼn woedebui hard op die grond neergegooi het, is op aanklag van moord in hegtenis geneem.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het gesê die 26-jarige pa is Woensdagaand in Ingwavuma in hegtenis geneem nadat die polisie inligting ontvang het oor waar hy hom bevind. “Hy word van moord aangekla en sal Vrydag in die Ingwavuma-landdroshof verskyn.”
Zwane het vroeër gesê die pa het glo Dinsdag omstreeks 11:00 by die ma se huis in ʼn reservaat in die Ingwavuma-omgewing opgedaag en aangedring om die baba na sy huis te neem.

“Die ma het geweier en die man het kwaad geword. Hy het die baba met geweld by die ma afgevat en die dogtertjie na bewering hard op die vloer gegooi,” het Zwane gesê. Die man het daarna op die vlug geslaan.

Die baba het ernstige kopbeserings opgedoen en is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem waar sy Woensdag in die vroeë oggendure aan haar beserings beswyk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gesiggie ·

Ek lewer weer kommentaar… want hierdie man moet nooit die son sien skyn… nou gaan daar seker weer beweer word dat hy n sielkundige probleem het, en dan word hy vrygelaat op borg tog…en so gaan dit maar net weer aan… Daai klein baba is beter af waar sy nou is: Veilig by Jesus waar niemand haar ooit weer kan leed aan doen?

Voorbeeld ·

Geen verskoning wat hy of sy regspan, ja hy sal mos nou weer dit kan bekostig, maar na sy kind kyk en grootmaak, nie gooi die kind dood, dan het ek geen verantwoordelikheid en ek straf so deur ook die Ma. Mag jy elke oggend wakker word met die foto in jou brein en gewete dat jy met jou eie hande willens en wetens en met opset jou klein babatjie doodgegooi het op die grond. Dit meot jou so ry dat jy nooit ooit weer jou hande aan iemand sal sit nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.