Baba, peuters sterf toe huis brand

(Foto: SAPD)

Twee peuters en ’n baba is dood nadat hul woonplek in Northam in Limpopo Saterdagoggend aan die brand geraak het. Die kinders was alleen tuis ten tyde van die voorval.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die kinders se ma het hulle omstreeks 08:00 alleen tuis gelos om kos by die plaaslike winkel te gaan koop.

Sy is egter op pad winkel toe daarvan ingelig dat haar huis brand. Sy het teruggehardloop en haar woonplek in ligte laaie aangetref.

Brandbestryders en die polisie is na die toneel ontbied waarna die kinders uit die vlamme gered is.

Die vyf maande oue Sinenhlahla Tsotetsi asook Jabulane Tsotetsi en Katlego Mogale, albei twee jaar oud, is egter op die toneel dood verklaar.

Die oorsaak van die brand is in dié stadium nog onduidelik.

Die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek.

Lt.genl. Christine Moralakadi, waarnemende polisiehoof in Limpopo, doen ’n beroep op ouers om nie hul kinders alleen tuis te los nie om sodoende voorvalle van dié aard te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

johanf ·

Bitter hartseer, simpatie aan die ouers en naasbestaandes.

Anel ·

Sluit die ma toe vir kinderverwaarlosing en strafbare manslag. As jy 3 kinders wil hê dan sorg jy vir hulle. As jy winkel toe gaan, dan vat jy hulle saam, maak nie saak hoe moeilik dit is nie. As jy enige plek heen wil gaan, anders bly by die huis, of moennie kinders hê nie. En ja. Ek klink onsensitief, maar dit is nou die hoeveelste kinders wat doid is die afgelope tyd agv die ouers se nalatigheid. Veral sulke kleintjies. Hulle moennie weer kinders hê nie. En moennie sê dis tragiese ongelukke nie. Dis nalatigheid.

Tania Heyns ·

Dagsê

Baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Spiggie ·

Dit verbaas my altyd as ek sulke stories lees van hoe jong kindertjies en babas alleen gelaat word of winkel toe gestuur word. Gaan my verstand te bowe. My seun is 17 en ek stress as hy iewers heen wil loop of alleen by die huis moet bly. Eks seker maar oor beskermend, maar eerder bang Jan as dooie Jan.

Ann ·

Aan die einde van die berig staan daar dat ouers vermaan word om nie hul kinders alleen tuis te los nie.
Hulle kan vermaan tot hulle blou is, die mense gaan niè luister nie. Dis so alledaags in informele nedersettings om kinders alleen tuis te los, alleen winkel toe te stuur, stuur om te gaan speel en nie ‘n tiekie omgee waar hulle is nie. En as die kinders vermis word, kom dit eers nà donker uit en dan wil hulle rondhardloop en soek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.