Baba se kop op bus gevind

WAARSKUWING: Die inhoud van hierdie berig kan sensitiewe lesers ontstel.

Argieffoto: http://upload.wikimedia.org/

Argieffoto: http://upload.wikimedia.org/

ʼn 30-jarige vrou het in die Oos-Londen-landdroshof verskyn in verband met ʼn gru-voorval waarin ʼn baba se kop op ʼn bus gevind is.

Ao. Hazel Mqala, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Nomathamsana Senyana het verlede Dinsdag op ʼn bus van Gauteng na Queenstown in die Oos-Kaap vertrek. Sy het glo tydens die busrit erge abdominale pyn ervaar, maar mediese hulp van die hand gewys.

“Toe die bus in die vroeë oggendure in Queenstown aankom, het skoonmakers ʼn baba se kop in die bus ontdek,” het Mqala gesê. Senyana het vermoedelik ʼn middel geneem om haar ongebore baba te aborteer.

Hoewel al die besonderhede rakende die voorval nie in hierdie stadium bekend is nie, word daar vermoed dat sy die baba op die bus geaborteer het. Sy het die fetus vermoedelik self probeer verwyder en in die proses onthoof. Die res van die baba se liggaam is glo êrens in die Queenstown-area gestort, het Mqala gesê.

Die vrou is kort na die gru-ontdekking in hegtenis geneem. ʼn Klag van verberging van geboorte is aanhangig gemaak. Aborsie is wettig in Suid-Afrika, maar slegs tot op ’n sekere tydperk en dit moet deur ʼn gekwalifiseerde mediese praktisyn uitgevoer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

antinette haupt ·

Ek is verheug oor julle nuus hou so aan afrikaans bo

VerVanRyn ·

Dit is ‘n walglike en siek nasie, maar so ook is ons sin. Wanneer die wederkoms plaasvind sal nie net die “heilige” wit mense die ewige lewe ingaan nie, maar mense uit elke volk, stam en taal. Ek ken ‘n paar mense wat aan hierdie “walglike en siek” nasie behoort wat jou sal laat skaam kry oor jou bydrae tot die samelewing en uitbouing van die Koningkryk. Sê eerder: dit is ‘n siek en walglike mensdom wat nie besef wat hul sondes is nie en daarom het ons die plig om die Lig aan soveel as moontlik so gou as moontlik te wys.

pop ·

Vervanryn, waaroor gorrel jy nou so?????OOr die aborsie wet, dalk oor almal behalwe n paar hel toe gaan oor ons n walglike en siek nasie is. Ek simpatiseer met jou want dis seker nie lekker om sulke mense te ken nie. Gelukkig tel diesulkes nie in my vriendekring of familie nie, ek ken nie eers Goddank so iemand nie.

Grotman ·

Ek is spraakloos oor die berig en sal daarom liewer niks se nie behalwe net die woorde hier bo wat bevestig dat ek niks gaan se nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.