Baba se liggaam in veld gevind

Die toneel waar die liggaam gevind is. (Foto: ER24)

Die liggaam van ʼn pasgebore babaseuntjie is Maandagmiddag in ʼn veld in Tlhabane buite Rustenburg in Noordwes gevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici is na die toneel ontbied nadat ʼn lid van die publiek op die liggaam afgekom het.

“ER24-paramedici het om 12:40 op die toneel gekom en die liggaam van die babaseuntjie in ʼn groot hoop vullis aangetref. Ongelukkig was die baba al ʼn geruime tyd dood en daar was niks wat paramedici meer vir hom kon doen nie,” het Meiring gesê.

Die voorval is by die polisie aangemeld wat op die toneel was en die saak verder sal ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

jennefer ·

Skrikwekkend om te sien hoeveel velde is deesdae stortingsterreine.

Christa ·

Geen woorde vir sulke slegte ma,s nie. Maak kleintjies en smyt weg. Gelukkig is die seuntjie veilig in Jesus se arms.

Jan Brand ·

Tragies dat so iets gebeur. Hoekom doen die meisies wat onbeplan swanger raak nie betyds aborsies nie? Dit spaar almal betrokke baie ellende.

Michelle ·

Moord is moord die een moet gekry word en die regter moet haar toesluit dat sy jare moet gaan sit en dink wat sy gedoen het, dit is mense wat harteloos is, jy doen net nie so iets nie gaan sit die kind in ‘n kombersie voor ‘n kerk deur of by iemand se huis die persoon het geen gewete nie.

Anoniem ·

@Jan, my vraag is eerder hoekom gebruik hulle nie voorbehoedmiddels nie dan is die kanse skraal dat hulle wel kan swanger raak.

Adel ·

Ek stem saam, in vandag se tye is alles verniet vir die mense by klinieke beskikbaar, van voorbehoedmiddels tot kondome. Gebruik dit dan sal hierdie optrede of aborsies nie nodig wees nie!

jakes ·

Voorbehoedmiddels is vrylik beskikbaar by klinieke. Gesinsbeplanning bestaan nie in hul woordeskat nie. Die feit dat dat daar 1400 babas per maand by Tembisa hospital gebore word staaf dit. Die ma van die kind sowel as die perd wat haar swanger gemaak het moet albei tronk toe gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.