Baba se liggaam in vullissak gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn babadogtertjie, tussen agt en tien maande oud, is in ʼn vullissak in Potchefstroom gevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici en die polisie is na die toneel ontbied nadat werkers van ’n vullisverwyderingsdiens die liggaam in die sak gevind het. “Paramedici het die baba ondersoek en bevind sy was al ʼn geruime tyd dood,” het Meiring gesê.

Dit is nie in hierdie stadium duidelik hoe die baba dood is nie.

Die liggaam is buite ʼn meenthuiskompleks by vullisdromme in Steve Bikostraat gevind. Die polisie sal die saak ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

myra barrington ·

I don’t know how can a person end such a small life, every body has the rigth to live, if you don’t or can’t look after a child, why not just go to the court or welfare and give the child up, INSTEAD 0F ENDING SUCH A SMALL LIFE

Leeutjie ·

Dis daagliks!!! Wat gaan aan met die mensdom!! Hoekom nie die baba op iemand se voorstoep los nie….liewe aarde! Is dit so moeilik? Het die mensdom so boos geraak dat ‘n lewe niks werd is nie??

Asjas ·

Daar bestaan ‘n moontlikheid dat die kind aan natuurlike oorsake oorlede is en dat die ouers nie die begrafnis kon bekostig nie. Mense het nie geld nie, dit gaan regtig baie sleg met baie mense in hierdie land. Ons kan skaars bekostig om kinders behoorlik te voed, klee en mediese sorg te gee. Ons is lief vir ons kinders maar kan net nie byhou nie.

Liza ·

Wel, as jy nie geld het vir n begrafnis nie, dan reel jy n staat begrafnis, maar weggooi….. sies man. N ouer wat rerig lief is vir sy kind, sal seker n graf wil he om te besoek met tye?

Arlene ·

Asjas, dan gaan leen jy geld iewers, al betaal jy dit vir die res van jou lewe terug. Dis baie eenvoudig, moenie kinders maak as jy weet jy sal nie vir hulle kan sorg nie.

Dave ·

Arlene en Liza, Asjas het bloot daarop gewys dat daar meer redes kan wees as bloot die opsigtelike.

Wilmarie ·

Om n dooie mensie sommer net so in n swartsak te gooi?! Nee,regtig!

Inge ·

Ek kan die mensdom regtig nie glo nie! My baba is 10 maande oud en net om te daaraan te dink om so iets te doen….dit is onmenslik. Die arme kind.

Cheryl Botha ·

Your facts are wrong – the baby was not full term, btwn 35 and 40 weeks

Cheryl Botha ·

Your facts are wrong. The baby is not full term, btwn 35 and 40 weeks

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.