Baba se lyk in puttoilet gevind

Foto: ER24

Foto: ER24

Die liggaam van ʼn pasgebore babaseuntjie is Donderdag in ʼn puttoilet in Umkomaas, KwaZulu-Natal gevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die toneel ontbied nadat die baba se liggaam glo deur die plaaslike polisie ontdek is. Een van die inwoners het glo die voorval by die polisie aangemeld, wat hulle na die toneel gehaas het.

“’n Paramedikus het in die puttoilet ingeklim om die baba uit te haal, maar toe gevind dat die baba reeds dood is,” het Meiring gesê. “Hulle kon niks meer vir die kind doen nie.”

Die saak sal deur die polisie ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Rina van Vuuren ·

Ek dink dit is nodig dat ons alles moet weet wat aangaan . Ons kannie soos volstruis met ons kop in sand weg steek en niks weet

Winston ·

Dankie Dave. Daar is baie sulke gevalle en kom algemeen voor. Deel van die populasie se algemene gedrag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.