Baba se lyk in Wes-Kaap gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn pasgebore baba is Sondag gevind waar dit naby Sir Lowry’s Pass in die Wes-Kaap gestort is.

Sihle Ngobese, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling, het gesê inwoners van Rasta Park in die gebied het op die lykie afgekom en die polisie ontbied. ʼn Saak van verberging van geboorte is by die Somerset Wes-polisiestasie aanhangig gemaak.

“Die departement veroordeel enige aksie wat die lewe van babas en kinders in gevaar stel. Daar is geen verskoning om babas en kinders weg te gooi of te versaak nie,” het Ngobese gesê.

Hy het gesê indien swanger moeders of voornemende ouers “vasgevang voel”, is daar deur die departement in samewerking met nie-regeringsorganisasies opsies beskikbaar in die vorm van sielkundige ondersteuning aan ouers en kinderbeskermingsdienste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Celeste ·

Daar is soveel mense wat smag na n kind en mens hoor gereeld van babas wat soos vuilgoed weggegooi word. Ek kan nie eers verstaan of my kop om die idee kry om n kind weg te gooi nie. Daar sal drasties moet gekyk word om plekke oop te maak waar die babas heen kan gaan anders as n put toilet of vullishoop. Sjoe mense dis hartseer!!!!

Theresa B ·

Ek kan nie verstaan dat enige iemand so iets kan doen nie. Daardie dingetjie het NIE gevra om hier te wees in hierdie wrede wêreld nie. Maar julle is gou om die daad te doen. Mag die Here julle bitter swaar straf en dan moet julle nie vra, hoekom nie.

Marianne ·

Maak aborsies wettig en bou klinieke (wat seker VERWOES sal word)
Oral sodat die moord op babatjies tot ‘n halt geroep kan word!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.