Baba se lykie in asblik gekry

Argieffoto

Argieffoto

Die lykie van ʼn baba is Maandag in ʼn asblik in Honeydew, Johannesburg gevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici is deur ʼn veiligheidswag na die toneel ontbied. “Toe paramedici die asblik deursoek het hulle op die baba afgekom.” Meiring sê die baba was nie eers ʼn maand oud nie. Die baba is op die toneel dood verklaar.

Volgens Meiring het die veiligheidswag aan hulle gesê dat ʼn hawelose vrou op die baba afgekom het terwyl sy in die asblik gegrou het. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

wil net se ·

… Ek sukkel al vir 8 jaar om swanger te raak, sulke gevalle breek my hart in stukke.

Marie ·

Watter soort gedierte gooi haar kind in ‘n asblik! Nee dis mos nie ‘n ma nie! Nee dit breek my hart om sulke artikels te lees, eers los ‘n ma haar kind op die snelweg nou word hulle in asblikke gegooi. Dit skok my dat ons land sulke wreed mammas het. Waarheen gaan ons land?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.