Baba steeds vermis ná kapingsdrama; beloning verhoog

Die baba wat vermis is (Foto: Kyle van Reenen)

Die baba wat vermis is (Foto: Kyle van Reenen)

Daar word steeds onverpoos gesoek na die vermiste maand oue babadogtertjie wat Vrydagmiddag in Durban tydens ʼn kaping ontvoer is.

Lt.kol. Thulani Zwane en Kyle van Reenen van Marshall Security het Saterdagoggend bevestig dat ʼn grootskaalse soektog na die baba gelas is.

Maroela Media het vroeër berig ʼn ma, haar maand oue babadogtertjie en ʼn agtjarige kind is Vrydag in ʼn wit Toyota Yaris deur twee gewapende mans gekaap.

Die agtjarige kind en die ma kon daarin slaag om uit die motor te kom voor kapers weggejaag het, maar die baba was steeds in die motor.

Die voertuig is later opgespoor danksy ʼn Netstar-opsporingstelsel.

Intussen het Rescue Care Paramedics by die polisie en talle ander veiligheidsmaatskappye aangesluit om die baba te probeer opspoor.

Van Reenen het gesê die polisie stel nou ook snuffelhonde beskikbaar om met die soektog te help. “Die enigste probleem is dat daar nie ʼn spesifieke gebied is waar ons kan soek nie, daarom is dit belangrik dat die publiek hierby betrokke raak.”

Die voorval is ook wyd op sosiale media versprei en die hutsmerk #HelpFindDurbanBaby is intussen geskep sodat die publiek die jongste inligting oor die voorval maklik kan opspoor of selfs die baba help opspoor.

ʼn Beloning van tot en met R250 000 is intussen uitgeloof vir enigiemand wat kan help om die baba op te spoor en die kapers vas te trek.

Die polisie het ʼn dringende beroep op mense met meer inligting gedoen om dadelik die noodlyn by 0860 010 111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Vivian ·

Here, bring asb hierdie baba vandag terug by haar ouers in Jesus Naam. Amein. My hart is met die ouers.

Hannie ·

Vader van genade tree asb in besorg asb die baba terug by die ouers, dankie.

cs ·

Hierdie is verskriklik en die mamma seker al van haar kop af, baba word nog geborsvoed. Bid dat hierdie baba veilig terugkom by haar ouers

Mariana ·

Genadige Vader hou asb die klein babatjie in U liefdevolle beskermende Hande. Laat U will asb geskied. Amen

Alida ·

Dit is aaklig. Hulle moet die pa ook ondervra. Mens weet nie wat die huislike omstandighede was nie.

Piet ·

Alida, dit is n onwaarskynlike scenario waarvan jy nou praat, maar dat dit aanklig is is gewis. Ek sal wag om die goeie nuus te lees van die kleindig se terugkeur. Ander nuus gaan ek nie lees nie.

Anon ·

Ai, elke haar op my lyf reis in vrees soos ek die storie volg. Self n ma van n 8 maande oue dogtertjie. Ons borsvoed ook nogsteeds en het al soveel keer in die motor gaan sit om te voed… Ek sidder! Die arme ma. Kan mens nie geld insamel en die beloning nog hoër maak nie. Tyd dat die geriewe by SA se groot ketting winkels, sentrums ens. ook opgegradeer word sodat mammas hul kinders kan voed in veilige omstandighede. Mammas is klaar n soft target in parkeer areas as hul uitgaan, dis nie net vir gerieflikheidsdoeleindes dat daar moms and tods parkeerplekke by die ingange is nie… Dis vir veiligheid!!! Ek bid vir die babatjie en haar familie!

Willem de Klerk ·

Hou goeie moed. Ons bid dat die Here God die baba veilig sal terug besorg aan die ma.

Ronel ·

Deur wie is die beloning aangebied? Iets klink hier nie lekker nie. Is die ma dalk self betrokke by hierdie ontvoering?????

madels ·

Ek kon gisteraand nie slaap tot ek vir hierdie vrou gebid het nie. Nee, genugtig Ronel, hoe kan jy vra of die vrou self betrokke is by die ontvoering? Die ma was besig om te borsvoed ! Ek bid in Jesus se naam dat hierdie baba dogtertjie niks oorgekom het nie, dat sy veilig is by iemand se huis en hulle haar veilig sal terug besorg aan die ouers. Asb Jesus, doen hierdie wonderwerk vir hierdie gesin ek smeek dit uit die diepte van my hart voor U troon..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.