Baba sterf, 3 beseer in botsing

Foto: ER24

ʼn Babaseuntjie is dood en drie mense beseer nadat ʼn motor en ʼn bakkie Woensdagoggend op die N14 in Centurion gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel op die snelweg naby die Eeufeesweg-afrit in Thaba Tshwane het die twee voertuie in die linkerbaan gestaan. ʼn Vrou was in die agterkant van die motor vasgekeer.

“Die vrou het haar seuntjie, vermoedelik een jaar oud, vasgehou. Paramedici het die baba ondersoek en gevind dat hy geen tekens van lewe toon nie,” het Meiring gesê. Hy het gesê paramedici het alles in hul vermoë gedoen om die baba by te bring, maar dit was tevergeefs en die seuntjie is later dood verklaar.

Die ma en twee mans is op die toneel vir matige tot ernstige beserings behandel voordat hulle na die Kalafong-hospitaal geneem is.

Die polisie sal die oorsaak van die ongeluk ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

christine ·

Dis hoekom ‘n mens jou baba in ‘n karstoeltjie moet sit ten alle tye.

Sonja ·

Ek stem saam en soveel kere sien jy die ouers is vas en die kind staan op die voorste of agterste sitplek. Sulke ouers moet vervolg word.

Deni ·

Dit is nie ongevoelig nie, dit is feite. Daar is ‘n rede hoekom ‘n kind van 0-4 in ‘n karstoeltjie moet wees! Hoekom is die goed daar, vir mooigeid? Dit beskerm ‘n kind definitief. Daar moet baie strenger reëls in plek gesit word, want ‘n onskuldige lewe word op risiko gestel.

Kwaaitjie ·

Is dit moontlik dat die mamma die baba uit die stoeltjie gehaal het en net wou vashou nadat die ongeluk gebeur het? Want dis presies wat ek sou wou doen as een van my kinders saam met my in ‘n ongeluk is.

dink na ·

‘n Karstoeltjie mag dalk goed wees, maar as ‘n ander motor joune tref direk op die kant waar jou kindjie sit, is die kanse sekerlik skraal vir die babatjie om te oorleef, net soos in geval van ‘n volwassene. Hoe ookal, ek dink aan jou, mamma van hierdie kleinding. Moenie jouself verwyt nie. Wat wie ookal sê, lewe en dood is nié in die hande van ‘n mens nie.

Linette ·

@Christine, Deni, Sonja & kie – te oordeel aan die skade aan die kant van die motor, dink ek nie eens ‘n kinderstoeltjie sou daardie babatjie se lewe gered het nie. En ja, Kwaaitjie – ek dink dalk die mamma het die ou babatjie uit sy stoeltjie gehaal, want sy het reeds gesien of geweet hy leef nie meer nie. HOE TRAUMATIES!!!! en dan is hier mense op hierdie forum wat net kritiseer en fout vind sonder om die feite te ken!

Johan ·

Die skade aan die voertuig toon ‘n botsing in die sy. Die bestuurder van die voertuig blyk ‘n U-draai te gemaak het. Die vrou het agter gesit, so sy was nie die bestuurder. Indien die babastoel aan die linkerkant agter was, onwettig om dit op die voor passasier sitplek te plaas, kon die vrou wel die baba losgemaak het terwyl sy in die voertuig vasgepen was. Die berig staaf nie duidelik of die vrou links of regs gesit het. Indien die vrou aan die regterkant vasgepen was, sou die baba nie die slag oorleef het, nie eens in ‘n babastoel. Sulke tipe botsings is in die 90% nalatig deurdat die bestuurder nie gekyk het voor hy/sy gedraai het. Kon ook by ‘n kruising gebeur het, maar volgens die foto blyk daar nie ‘n kruising te wees. Alle sterkte vir haar indien die verlies agv nalatigheid was.

Jana ·

Jy mag nie in die publiek rook nie, maar jy mag jou kind sonder n karstoel rondry? Maak dit wet!

Cindy ·

Jana, dit is verpligtend om ‘n kind in ‘n karstoeltjie te sit as jy ry.

Jack Russl ·

Die probleem is net dat die wette (soos vele ander) nie toegepas word nie

Stephanie ·

Dis wat my so mal maak!!!!! Daai arme kind. Sleg as ouers nie die wet kan na kom nie. En eerste wat hulle doen na so iets gebeur, is om te huil oor mense so wreed is om te wil vra hoekom die kind nie vas was nie…

Candice ·

Dalk was die seuntjie in sy stoeltjie en sy mamma het hom uitgehaal na die ongeluk terwyl sy vas gekeur was om te sien of hy okay is. Daai kar is baie erg gestamp. Stoeltjie was dalk an die gestampte kant.

Lee ·

Wie sê die kind was dalk nie in ‘n karstoeltjie gewees nie en dat sy hom uitgehaal het toe die kar tot stilstand gekom het. Ai mense sy het haar kind verloor wat kan erger as dit wees. Sterkte aan die ouers! Rus in vrede kleinding jy is nou in Jesus se arms. So hartseer.

Kommentaar blaar ·

Ag goeie genade mense, weet julle vir n feit dat daardie kindjie nie in n stoeltjie was nie? Daai mamma en pappa is in soveel pyn omdat hulle kleintjie van hulle af weg gevat is en het wragtig nie sulku kommentaar nodig nie, en al was daardie kleintjie nie in n stoeltjie nie leef daardie ouers nou met dit. My innige simpatie met daardie familie ek kan myself nie indink die pyn en hartseer om n kind te verloor nie

Reels en wette... ·

…is daar vir ons veiligheid!
Geen drink en bestuur
Geen selfoon en bestuur
Sitplekgordels is n moet
Karstoeltjies /boosterseats n moet!

Kry die ouers jammer, maar ding kon DALK NET MOONTLIK anders gelyk het as die kindjie veilig vasgemaak was.

Ek het met my eie oë gesien hoe n motor met 3 volwassenes en n baba 3xrol. Die grootmense het seergekry – geen sitplekgordels…en die baba veilig vas in sy stoeltjie net n bloukol teen sy kop!

Beyers ·

Dit is hartseer.Kan my nie indink hoe die ouers moet voel om huis toe te gaan en die kleinding se goedjies te sien, en later te moet wegpak nie.Vergeet van die omstandighede oor hoe dit gebeur het.Dit is onomkeerbaar stukkend vir hulle.

Michelle ·

Karstoeltjies is daar om die shock van ongeluk te absorbeer. N kind in n karstoel sou die oorleef het. Daar is baie toetse ens gedoen vir n karstoel om goedgekeer te word. Deur met n spoed in n ongeluk te wees, kop aan kop op n kant van die kar ens….

Gerda ·

Michelle jy kan nie sê ‘n kind in ‘n karstoel sou die oorleef het nie. Niemand kan sê nie. Net die Here alleen kan so besluit maak.

MT ·

Maak nie saak wat gebeur het nie. Of die kind in ‘n stoel was of nie. Die kind is dood. ‘n Mamma gaan nie haar kindjie sien groot word nie. Stof tot nadenke. Die ouers moet vir die res van hulle lewe met die vraag “wat as…..?” in hulle rondloop. Ons is gou om te oordeel. Maar niemand weet wat die aanloop van sake was nie, jy was nie daar nie. Wie gee jou die reg om te oordeel.

Liamari ·

Ons weet nie wat gebeur het nie. Maar uit my eie ervaring weet ek dat die meeste mense glad nie hul kids in ‘n stoeltjie vasmaak nie. Dalk vir die eerste 6 maande, maar daarna word kinders op die skoot vasgehou. Ek is al baie keer skeef aangekyk dat ek my kind nog in ‘n karstoeltjie vasmaak en sy is nou 5 jaar oud. Ek is immers al van haar 2de verjaarsdag al skeef aangekyk! Oumas wat vra dat hulle tog gou met haar mag ry, hulle sal haar styf vashou. Weet jy nie dat jy in ‘n ongeluk die kind op jou skoot tref met ‘n gewig van meer as ‘n ton se impak nie? Paramedici sal jou kan vertel hoeveel ernstige ongelukke hulle al gesien het waar almal in ‘n kar omgekom het, maar dat ‘n kind in ‘n stoeltjie soms die enigste oorlewende was. My eie vriendinne ry met hul kids wat selfs voor op die voorste sitplekke staan! Dit neem slegs ‘n klein stamp en daai kleintjie vlieg deur die ruit. Laasgenoemde het al baie kids se dood veroorsaak dan oorleef die ouers…. Gewone sitplek gordels is ook nie voldoende nie, want die gordel kan kleintjies se nek afruk omdat die gordel nie korrek geplaas is nie. Ek raak buite myself as ek sien grootmense kan nie verantwoordelikheid vat nie!

Eileen ·

Dankie Liamari
Dit is hartseer om te sien hoeveel mense is oningelig.my 5 jarige is ook.nog in stoeltjie :-)

Inge ·

Ek gaan seker gestenig word, maar wat doen jy as jou kind die veiligheisgordel self los maak terwyl hy agter sit en jy voor op die hoofweg? Selfs die kar stoeltjie se gordel word los gemaak. My kind is houdini! Wat sal julle wat so gal afgaan voorstel? Dit is regtig ‘n probleem.

Eileen ·

Inge daar is n car seat support groep waar jy kan aansluit.as jou kind self Los maak is hy nie gereed vir n veiligheids gordel nie en moet in stoeltjie wees.as hy stoeltjie gebruik moet hy onder 18kg wees om stoel se harness te gebruik Anders gebruik jy die gordel met stoel.as Hu harness Los maak is hy nie styf genoeg nie.join op.fb,jy kry baie hulp daar

Snoefels ·

Julle almal gaan nou so aan oor n kar stoel, maar baie volwassenes dra nie eers gordels nie ppr hulle bang is hulle sit vas in n brandende kar.. en in elk geval, daai hou lyk van die kant af, so iemand wou dalk n onwettige u-draai gemaak het, wat nogal gereeld op daai pad gebeur, want dis mos te veel moeite om na die volgende af rit te ry en daar om te draai

Shana ·

Julle moet liewers julle woorde tel en dankbaar wees iets so wreed het nog nie oor julle pad gekom nie.

Boeboe ·

Ek weet van baie kinders in baba stoelyjies wat dood is en booster seats wat jograns die safeyy belts die kids se dood was so voor ons oordeel vra eerder God hou daai ouers vas in die tyd van pyn

Dovaz ·

Baie hartseer!!! Meegevoel!! Ongelukkig moes a onskuldige kind boet omdat die wet van a baba stoeltjie nie toe gepas is nie. A een jarige kind kan verseker al agter sit met a veiligheids gordel aan. Baie voertuie se middel sitplek het a gordel wat stewig om die kind se heupe vas maak. Hartseer en verwyt kom ongelukkig altyd te laat. Sterkte!!!

Teneill ·

Ai nee shame ek het nie woorde nie daar is NIKS erger as om ‘n kind te verloor nie my hart gaan uit na die famielie.

alison steyn ·

dalk het sy kindjie toe geborsvoed….. feit bly staan….ongelukke meestal onvoorspelbaar… dog baie tragies …en dalk is dit openbare vervoer of n lift… nie almal kan soos ons karstoeltjies bekostig en n eie kar nie

vrikie ·

Bestuurders moet ‘n kultuur ontwikkel om meer voorkomend te bestuur deur meer oplettend te wees. Wees bewus wat om jou aangaan en moet nie net aanneem die kar wat van die kant af kom gaan stop nie.
Vermy faktore wat jou aandag aftrek terwyl jy bestuur soos selfone of radio wat verstel word rondkrap om iets te soek ens.

Gerda ·

Goeie dag

Baie sterkte aan die familie in hierdie tyd.

Niemand hier kan kritiseer nie, want niemand weet regtig wat gebeur het nie. Almal kan spekuleer. Dit kan met enige een van ons gebeur, dalk nie op dieselfde wyse nie. Hou op oordeel, daar kon dalk nie ‘n stoeltjie gewees het nie, maar niemand is perfek nie, almal maak foute, en almal huil agterna oor hulle foute.

Karstoeltjies is ook nie altyd veilig nie. Wat as die kar brand, dan sukkel jy weer om jou kind uit te kry, so dit het maar nadele ook.

Andre ·

En tog help die kamstige NCAP 5 ster toekennings nie. Nog minder hulle lugkussings. Maar mense koop nog steeds die gemors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.