Baba sterf glo oor kragprop nie werk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pasgebore baba is in ‘n kliniek in Dobsonville, Soweto dood weens masjinerie wat nie werk nie.

Simphiwe Gada, woordvoerder van die Democratic Nursing Organisation of SA (Denosa), sê babas moes intussen buite die kliniek gebore word weens die gebrek aan die nodige toerusting. “Die toestande in die kliniek is gevaarlik en lewens is in gevaar,” het Gada gesê.

Gada sê die baba is oomblikke na geboorte oorlede. Hy sê die baba moes aan ‘n asemhalingsmasjien gekoppel word. “Die masjien is stukkend, en daar is ook ontdek dat die kragproppe nie werk nie. Die kragopwekker het ook nie diesel gehad nie. Die kliniek het nie die nodige toerusting om babas in die lewe te bring of om vir hulle te sorg nie.”

Gada sê minstens vier babas is in ‘n tydperk van ‘n week buite die kliniek gebore weens die gebrek aan nodige toerusting. Hy sê die unie het verlede week met amptenare van die gesondheidsdepartement vergader. Die amptenare het glo uit Vrydag se vergadering gestap.

Gada sê hulle sal die ma wat haar baba verloor het help om verdere stappe teen die Gautengse departement van gesondheid te neem.

Simon Zwane, woordvoerder van die departement, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.