Baba sterf in huisbrand

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Baba het Maandag in die vroeë oggendure in ʼn huisbrand in Kaapstad gesterf.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 04:30 na die huis in 4de Laan in Lotus River ontbied.

“Paramedici het by die toneel opgedaag waar brandbestryders besig was om die brand in bedwang te bring,” het Botha gesê. “Die baba het ongelukkig in die brand gesterf. Vyf ander mense het beserings opgedoen wat strek van matig tot ernstig.”

Die beseerdes is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die brand is nie bekend nie en word deur owerhede ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sommernet hartseer ·

Dit is sommer net hartseer, verskriklik hartseer dat die babatjie gesterf het, ek glo dit is niemand se skuld, dit is net hartseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.