ʼn Vier maande oue meisietjie is Dinsdag dood toe ʼn brand in die vroeë oggendure by ʼn informele nedersetting in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, uitgebreek het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die brand het omstreeks middernag in die nedersetting op die hoek van Old Greytown- en Khanweg ontstaan.
“Verskeie plakkershutte was in ligte laaie toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Meiring gesê.
Brandbestryders het die brand in bedwang gebring, waarna die liggaam van die baba tussen die puin van een van die huise gevind is. Niks kon vir haar gedoen word nie en sy is op die toneel dood verklaar.
“Die kind se ma en dié se vriendin was ook op die toneel en het brandwonde opgedoen. Hulle is op die toneel behandel en na die Northdale-hospitaal geneem vir verdere behandeling.”
Die oorsaak van die brand word ondersoek.
R.I.P klein engeltjie.
Sterkte aan hierdie mense wat gebrand het, en veral aan die Ma wie se babatjie so wreed dood is.