Baba sterf in Kagiso-stormloop

Plundery in Kagiso Foto: @OptimusLuh op Twitter.

Plundery in Kagiso Foto: @OptimusLuh op Twitter.

ʼn Baba is tydens ʼn stormloop van ʼn groep plunderaars in Kagiso aan die Wes-Rand dood.

“ʼn 13 maande oue baba is Vrydagmiddag dood tydens die plunder-stormloop,” het lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, Saterdag gesê.

Die plunderaars was glo besig om ʼn spaza-winkel te beroof toe die polisie opgedaag en die groep begin weghardloop het. Die groep het in ʼn jong ma vasgehardloop wat haar baba gedra het. “Die baba het geval en die groep het die baba vertrap,” het Makgale bygevoeg.

Paramedici het die baba op die toneel dood verklaar. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Altesaam 24 mense is Vrydagaand in Kagiso in hegtenis geneem in verband met geweld en die plundery van winkels wat aan uitlanders behoort.

Die onrus het Maandag in Soweto begin nadat ʼn Somaliër glo ʼn 14-jarige seun doodgeskiet het toe hy en sy vriende by die man se winkel wou inbreek. Lt.genl. Lesetja Mothiba het deur die loop van die week bevestig dat die plundery na Diepsloot en Kagiso uitgebrei het. ʼn 61-jarige omstander is Donderdagaand dood toe ʼn uitlander op ʼn skare buite sy winkel in Swaneville losgebrand het. Niemand is nog in verband met hierdie voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Intussen het die polisie Saterdag bevestig die situasie is weer kalm in Soweto. Meer as 170 persone is in hegtenis geneem in verband met die plundery en geweld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

pop ·

Mnr Zuma. Al die kinders, oumas en oupas , mas en pas, vriende en familie se dood is jou en jou parlementslede se skuld. Ek wonder of jy ooit een nag nie slaap kry daaroor nie??? Julle is gewetenloos. Kyk na foos soos hierbo en na die nuus. Dis erger as enige oorlog

Asjas ·

En hoe gaan die Ma dankie se dat sy haar kind so wreed verloor het?
WEER VIR DIE BLEDDIE ANC STEM TYDENS DIE VOLGENDE VERKIESING!!

Drieks ·

Ek stem, hierdie baba is deur die ANC en Zuma vermoor……
En ja , hul gaan weer vir die Anc stem….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.