Baba sterf in KZN-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

‘n Ses maande oue baba is Sondag dood en drie mense beseer in ʼn ongeluk op die N2, ongeveer 30 km buite Kokstad in KwaZulu-Natal.

“Twee motors het mekaar omstreeks 18:30 getref,” het Robert Mckenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, gesê. “Een van die persone het kritieke beserings opgedoen.”

Mckenzie het gesê een van die pasiënte moes met meganiese toerusting uit die wrak van die motor gesny word.

Die pasiënte is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.