Baba sterf ná hou met hout

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Drie maande oue baba is Woensdag in ʼn hospitaal in Koster, Noordwes, dood nadat sy pa hom glo met ʼn stuk hout geslaan het.

Kol. Sabata Mokgwabone, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Dinsdag omstreeks 21:00 in die Reagile-informele nedersetting naby Koster plaasgevind.

“Die 37-jarige pa het na bewering ʼn uitval met sy 21-jarige vriendin gehad, terwyl sy die baba in haar arms vasgehou het,” het Mokgwabone gesê. “Hy het tydens die argument ʼn stuk hout opgetel en wou haar vermoedelik daarmee slaan, maar het egter die baba teen sy kop getref.”

Die twee het paramedici van Emergency Medical Rescue Services ontbied en die baba is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Die baba het Woensdag in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Die man is Dinsdagaand in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Donderdag in die Koster-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Willie ·

Joh, wat is fout met die samelewing? Waar is die basiese opvoeding in die land? Dis skokkend! Al is jy arm, leer jou ma jou nie dis verkeerd om te steel, moor, roof, verkrag ents? Waar is die gemeenskaps leiers? O ja kerke het mos nie meer n se in die Land nie…

Tina du Toit ·

Is mos maklik om `n vrou te slaan en nou het hy die grootste fout van sy lewe gemaak. Geweld sal geen problem op los nie.

Gesiggie ·

Jou lafaard” gewetenlose man… hoe kan jy nie vir jouself dink? ja dit is maklik om n vrou te slaan, maar kon hy nie sien dat die baba in die ma se arms is, en dat dit sou gebeur” seker bietjie gesuip gewees.. nou het jy n harde les geleer, moet nie eers treur, want jy verdien nie om n Pa genoem te word. RIP klein Baba… en jammer vir die Ma…

Christa ·

Is daar dalk “iemand” n Prok/Adv wat vrouens kan help en bystaan met al di aanrandings en daarmee wegkom ook? En ons help met ex-mans wat ni hul hof-skikkings ooreenkoms nakom na n hofbevel ni? Hoekom word daar n hofbevel gedoen as ex-mans dit net doodeenvoudig ni nakom ni…help iemand! Help?!

Karma ·

Christa, is jy ‘n normale, gesonde vrou met die een of ander soort opleiding en ondervinding? Wel, GAAN WERK DAN VIR JOU GELD (as jy nie reeds doen nie). Dit is in my mening reg dat ‘n man vir die kinders, indien enige, onderhoud moet betaal, maar dat daar vrouens is wat ook onderhoud vir hulself of geld per maand eis “om hul huidige lewensstandaard te volhou” is sommer tjol.

MissDemeanor ·

Wert jy Karma, soveel vrouens maak opoverings in hul eie loopbane sodat hul mans die kans kan kry om te vorder met hul loopbane. Plus as mens kinders kry dan bly die ma vir lank by die huis terwyl pa werk. Dus word die vrou se loopbaan verder benadeel tot voordeel van die man. Dit is opoverings wat mens maak wanneer mens dink mena gaan vir ewig by mekaar wees. As mens dan skei dan is dit net regverdig dat die man nie net sy verpligtinge teenoor sy kinders nakom nie, maar ook sy eks vrou kompenseer vir die verliese wat sy gely het omdat sy alewig die “back seat” gevat het sodat hy vordering kan maak. Karma, ” what goes around comes around”.

Gesiggie ·

Christa ek is nie n prokereur of advokaat, maar ek weet dat as jou eX weier na n hofbevel… erger dinge vir hom wag? gaan terug Hof toe” hul sal wel met hom afreken.. en ja wat aanranding aanbetref, kla hom aan by Polisie, kry bewyse… en dan sluit hul hom toe?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.