Baba sterf ná ‘pa’ haar as ʼn wapen gebruik

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Pretoria is in hegtenis geneem nadat hy glo sy twee dae oue dogtertjie as ʼn wapen gebruik het om sy vriendin mee aan te val.

Ao. Wanda Olivier, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Sondag in die vroeë oggendure in die weste van Pretoria plaasgevind. “Die vrou het aan die polisie gesê sy en die man het ʼn argument in hul woonstel gehad,” het Olivier gesê. “Die man het haar gevra of hy die kind se pa was, en haar toe met die baba geslaan.”

Die paartjie het daarna na ʼn vulstasie op die hoek van Kerk- en Rebeccastraat geloop. Die polisie het Best Care-ambulansdienste ontbied en hulle was omstreeks 03:00 op die toneel.

Xander Loubser, woordvoerder van Best Care, het gesê die baba was in ʼn handdoek toegedraai en was besig om in haar eie braaksel te verdrink toe paramedici by die toneel opgedaag het.

Volgens Beeld het die ma aan paramedici gesê dat hy die baba op die grond gegooi het, nadat hy haar met die kind geslaan het. Die ma het glo ʼn wond aan haar voorkop opgedoen.

Die ma en kind is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem waar die babatjie aan haar beserings beswyk het.

Die man moet binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

sproetjies ·

Genade ons!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Van wanneer af slaan jy ‘n mens met ‘n baba. Die baba het nie gevra om daar te wees nie. Sjoe hierdie man se kop raas.

tracey ·

Ek is geskok!! Wat gaan ons volgende lees??? Ek hoop hierdie man word vir die leeus gegooi!!

Sorodi ·

Dis so tragies dat ń jong baba se lewe op so ń wyse moes eindig!
Beide die man en vrou is duidelik onbevoeg om ouers te wees en om verdere herhalings van kinder mishandling in die toekoms te voorkom stel ek voor dat beide van hulle gesteriliseer word! Kinders kort liefde, nie mishandeling nie!

Elske ·

Sekere mense moet nooit kinders he nie. Nie eers die kans om dit te he nie. Sy is ook slapgat! As iemand my kind sou gryp om so iets te doen sal ek my hande tot op die been en verder baklei om my kind te beskerm! Net die feit dat hy die hulplose 2dae oue babadogtertjie nog na die aanval op die “ma” – sy is die titel nie werd nie – op die vloer gegooi het sê vir jou presies hoeveel die kamstige ma omgegee het. Hy sou my lankal dood gemaak het voor hy my kind behoorlik in die hande kon kry. En as hy daarna iets aan haar doen sou ek ten minste weet ekt my eie lewe gegee vir my kind. Hulle sal eendag rekenskap gee. En ja ek oordeel want iemand moet ‘n stem wees vir die onskuldige lewetjie wat so wreed vermoor is.

Beervanger ·

Nee jy oordeel nie. Jy praat die waarheid. Hulle SAL vergelding doen vir hierdie vir hieride MOORD. Die Bybel is dit eens dat moordenaars vergelding sal kry en hulle is ALBEI moordenaars.

Charl ·

Ag Elske, jy speel sommer God en besluit die ma is skuldig aan die pa se daad. Jy her geen idee hoe jy onder sulke omstandighede sou optree nie. Dit het heel moontlik binne n oogwenk gebeur. En voor sy dit ervaar het, sou geen vrou dink dat iemand dit kan doen nie, daarom sou sy dit nie kon voorspel of keer nie. Maar omdat sy op die toneel was, is sy skuldig. Ek hoop jy is nooit in die huis as inbrekers een van jou familie vermoor nie. Want dan sal ons oordeel dat jy moes gekeer het en daarom skuldig is. Red nou n volk…….

Gideon ·

Wat kan mens nog meer skok!!! Gewoonlik is nuwe pa’s te bang om so klein babatjie op te tel, die nekkie is slap, koppie broos! Watse monster doen so-iets. Ek hoop nie dit is nou weer ‘n uitgerekte hofsaak, en dan kan die wreedaard nog aansoek doen tot appél nie- die hofsaak moet sommer Vrydag oor en verby wees!

Mickey ·

Ek het nie woorde nie net trane,kinders is Godsgewende geskenke

zahn ·

Bring terug die doodstraf. Hier is iemand wat sal baat vind daarby.

Asjas ·

Bring terug die doodstraf, dis al hoe hierdie gemors permanent uitgeroei kan word.

Rieks ·

Of ‘n teiken!!!
Ek kan nie kinders hê nie – en talle onbevoegde mense het kinders by die dosyne. Weet nie altyd wat die redes is vir seker dinge in die lewe nie – EK WEET verseker hierdie ouers verdien nie om kinders te hê nie… Dit is altyd die onskuldige kinders wat aan die kortste ent trek!!!
:-(

Pierre Celliers ·

Wat de drommel?!!!!. Afgelope week nie ‘n goeie een vir kinders nie!
My skoonseun se klein neef het Saterdag op ‘n geleende motorfiets omgekom, “wou net voel hoe dit is om te ry”. Skrander matriek seun bo almal uitgestaan in sy sport, krieket en rugby.
Hard ge-oefen om plek in die Valke span te kry, wat ‘n sekerheid was. Te vinnig om ‘n lang draai, fiets gly en hy tref ‘n huis muur met sy kop,en breek sy nek. Zander sal altyd onthou word vir al sy prestasies in sy jong lewe. ‘Skuus moes dit net deel met julle. Ons is almal stukkend.

SNEL ·

Ek verstaan goed van net jou hart leegpraat. Sterkte vir julle Pierre, mens weet nie aldag hoekom dinge gebeur soos dit gebeur nie. Mag die Here julle dra en krag gee deur die tyd.

Pierre Celliers ·

Wat my telkens verstom, is die besonderse getrouheid van die dier en die uitermatige wreedheid van die mens!!! Siek gemeenskap wat ons mee saamleef!!!

Dorothy ·

Hoekom MOET dit nou weer n Kleur issue Raak ? Jy kry wit MENSE ook wat sooo sick is . Mense moet rerig op hou om Kleur in alles te bring.

Sorodi ·

Of dit nou wit, swart, bruin of enige ander kleur van die reënboog nasie is, is nie hier ter sprake nie! Wat wel is, is dat ń onskuldige baba dood is, nee vermoor is deur mense wat nie bevoeg was om ouers genoem te word nie! En nee ongelukkig is daar barbare in elke kleur…. Kyk maar wat het gebeur met die gesin van Springs?

SNEL ·

Ek stem Dorothy, n mens is n mens en n baba n baba. Wat maak die kleur saak. Sulke optrede hoort by geen mens nie, maak nie saak watse groep nie. Ek stem met Pierre saam, n dier tree nie eers so op nie, hoeveel te meer ons wat weet wat reg en verkeerd is. As mens moet jy weet dit hoort nie gedoen te word nie. Kan nie dink dat n man so iets aan n hulpelose baba kon doen nie, en ek dink dit het so vinnig gebeur, die arme ma het nie eers tyd gehad om te reageer nie. Wie in jou gesonde verstand sal buitendien dink dat iemand n kind gryp om jou daarmee te slaan…..Goeiste, dis siek. Arme kindjie was maar 2 dae oud, daai babatjie was veiliger gewees in die mamma se maag. Die lewe is siek en vol hartseer, dis moeilik om positief te bly met alles wat om mens gebeur.

Sorodi ·

Of dit nou wit, swart, bruin of enige ander kleur van die reënboog nasie is, is nie hier ter sprake nie! Wat wel is, is dat ń onskuldige baba dood is, nee vermoor is deur mense wat nie bevoeg was om ouers genoem te word nie! En nee ongelukkig is daar barbare in elke kleur…. Kyk maar wat het gebeur met die gesin van Springs?

Annemarie Basson ·

Laat mens dink die gene van Bloukrans slaan deur!!! Vir die van julle wat nie weet nie (!!!!) dis waar die Trekkerbabas teen die ossewaens doodgeslaan was. 16 Desember 1838 is vooraf gegaan deur Bloukrans, Moordspruit en Weenen. Daar is blanke babas se koppies teen wawiele vergruis. Lees gerus………http://vaandel.co.za/hoekom-n-tweede-bloedrivier/

Lynette ·

Jissie jy lewe met jou kop in jou gat enige iemand wat die 2 breinselle het nie wit swart pienk pers sal so iets doen want almal dink hulle kan maak soos hulle wil geen respek vir enigiemand se lewe nie so vergeet die wit mense doen nie sulke goed nie en dink aan wat daardie 2 dae oue baba deurgemaak het

Estie ·

Ek is diep geskok!!! Waarheen gaan alles….. Ek het met trane in my oe die berig gelees…. Wat gaan aan met die mense… ‘n Baba is ‘n geskenk van God. Nie almal is so bevoorreg om so geskenk te ontvang nie, en die wat wel so wonderlike geskenk ontvang behandel dit so…. Jy sal lelik les opsê in die namaals…. Ek voel siek na die berig… Daardie baba het nog ‘n hele toekoms voor hom/haar gehad, wat so wreed deur ‘n woede bui weg geruk is…. Dis hartseer….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.