Baba sterf ná pa haar glo neergooi

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Drie maande oue babadogtertjie is dood nadat haar pa haar glo tydens ʼn woedebui hard op die grond neergegooi het.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Woensdag gesê die pa het Dinsdag omstreeks 11:00 by die ma se huis in ʼn reservaat in die Ingwavuma-omgewing opgedaag en aangedring om die baba na sy huis te neem.

“Die ma het geweier en die man het kwaad geword. Hy het die baba met geweld by die ma afgevat en haar na bewering hard op die vloer gegooi,” het Zwane gesê. Die man het daarna op die vlug geslaan.

Die baba het ernstige kopbeserings opgedoen en is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem waar sy Woensdag in die vroeë oggendure aan haar beserings beswyk het.

Die Kwa-Msane-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Die verdagte is steeds soek, maar die polisie is op sy spoor. Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het gesê die polisie sal onverpoosd werk om die verdagte vas te trek en te vervolg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

K ·

m – jy kan nie veralgemeen nie. Die ma het seker geweet hy is nie lekker nie, daarom het sy geweier dat hy die kind neem. Hoekom mag sy nie ‘n ouer wees nie?

Reinette ·

Ek vertrou dat sy mede-gevangenes nie sagkens met babamoordenaars sal omgaan nie.

En die arme ou dingetjie…. sy is beter af waar sy nou is. Haar lewe sou moontlik net n uitgerekte mishandeling gewees het.

Sulke tye ·

Sulke tye en dinge maak van ons gewone mense sondaars. Ek voel om jou ook so hard op die grond te gooi!!!! Strawwe vir kindermishandeling en moord moet regtig hersien en baie hoog geset word. Ons moet die reg van die babatjie en alle kinders beskerm, hulle het ‘n reg op lewe! Hul kan hulself nog nie beskerm nie! K ek glo M bedoel almal wat hul kinders aanrand en vermoor, dit raak ‘n elke dag nuus berig. (Nie noodwendig die Ma nie, sy het geweier om haar baba te gee. )

Se maar net ·

Die een ding wat ek al lankal se is dat mense wat skuldig is aan enige misdaad rakende kinders ( mishandel / verkrag ens ) reggemaak moet word. Jy verdien nie die reg om kinders te kry as jy nie bekwaam is daarvoor nie ! Hoekom ‘n verkragter die reg laat behou om kinders te kry ?!

alida ·

Die SAPD moet hom uitlos. Die gemeenskap sal sy gal vir hom werk “jungle justice”

Mike ·

om te dink as my kind net val,wou ek haar dr. toe vat,wat dink,bereik,voel die swak man………

Sondaar ·

My oorlede pa het altyd gesê daar is drie sondes wat nie vergewe word nie: kindverniel, vrouverniel en dierverniel. Ek sou byvoeg oumensverniel.
Ek hoop hy kry wat hom toekom.

Anoniem ·

Nou net gelees op Netwerk24 van n vrou (kan haar nie n ma noem nie) wat haar pasgebore baba drie verdiepings afgooi…Nee genade die mense verdien nie kinders nie. Dis skokkend al die goed, moord, nie net op babas, kinders en groot mense, roof, verkragting, inbrake, aanranding……Mense voel niks vir mekaar. En die ergste van alles, as jy gevang word en daar is n hofsaak dan pleit jy ene onskuld……………..en dan kom jy dalk nog los ook!!!!!!!!!!!!!!!

Elfie ·

Wou haar seker nog as muti verkoop – waarom anders wou hy haar hê? Moenie dink hy wou haar uit liefde hê, dan sou hy nie gedoen het wat hy gedoen het nie!

Jan maak n plan ·

So n pa moet eintlik oor n klomp dae met n seekoei sambok dood geslaan word. Skokend.

Susan ·

vreemde wereld jy moet `n lisensie hê om te bestuur jy moet `n lisensie hê om `n vuurwapen te besit maar om in beheer te wees van `n ander lewe (kind) dit is vry vir almal kriminele, psigopate, molesteerders, die lewe is so verkeerd om.

carisma ·

soms wonder ek wat dink die mense dat kinders net ‘n speel ding is, ek verstaan nie hoekom sulke mense kinders kry as hulle die kind nie wil he, ek wat sukkel om my 2 kind te kry se altyd hoekom kan hulle die kind nie maar vir my gegee het.

hoop daai man kry wat hom toekom.
ek dink persoonlik dat hul moet dood straf terug bring net vir die kinders, ( jy maak ‘n kind seer, dan kry jy dood straf.)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.