Baba sterf, ouers bewusteloos ná gaslekkasie

Argieffoto

Die liggaam van ʼn 14 maande oue baba en sy bewustelose ouers is Vrydagoggend in Klerksdorp in Noordwes gevind nadat hulle gas ingeasem het.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die gesin het Donderdagaand vermoedelik die gas ingeasem toe ʼn lekkasie plaasgevind het.

“ʼn Familielid het Vrydagoggend op die ouers en die baba afgekom in die kamer waar hulle geslaap het,” het Siddall verduidelik. “Die twee volwassenes was bewusteloos toe paramedici by die toneel opgedaag het. Daar was ongelukkig niks wat hulle vir die baba kon doen nie, en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die twee ouers is na Tshepong-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Besonderhede rondom die voorval is nog nie bekend nie en plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.