Baba sterf terwyl maatskaplike werkers staak

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

ʼn Baba van ses maande oud is Dinsdag dood nadat kinders van ʼn kindersorgsentrum van die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling na ʼn ander sentrum geskuif is weens ʼn staking van maatskaplike werkers.

Volgens die departement is 90 kinders uit provinsiale sorgsentrums geskuif aangesien daar niemand was om na hulle om te sien nie weens die voortslepende staking.  Kinders is verlede week uit die Walter Sisulu-jeugsentrum in Soweto geneem na ʼn ander sentrum.

Nandi Mayathula-Khoza, Gautengse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, het gesê die landwye staking van maatskaplike werkers wat lede is van die National Education, Health and Allied Workers Union (Nehawu) het ʼn negatiewe uitwerking op die kwesbare begunstigdes in die staat se sorg.

“Die kinders is Vrydag geskuif terwyl stakende werkers ingange by die betrokke sentrums versper en toegang tot noodsaaklike voorraad soos kos, medikasie en linne belemmer het,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

Nehawu-lede, wat vir die departement maatskaplike ontwikkeling werk, het vroeër vandeesmaand met ʼn volskaalse staking regoor die land begin nadat onderhandelinge oor werksomstandighede met die departement ʼn dooie punt bereik het.

Meer besonderhede oor die kind se dood is nie bekend gemaak nie.

Mayathula-Khoza spreek Woensdag die media toe om meer inligting oor die uitwerking van die staking te gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Hanna ·

Ek het twee verpleeg stakings meegemaak en glo my, hierdie mense voel vere vir enige weerlose mens (meerendeels hul eie mense!). Verpleging, maatskaplike werk, onderwys is lankal nie meer n passie nie… Skandalig!

Secret ·

Nee kyk….net staking op staking en dan sterf n arme onskuldige mensie oor geen sorg of voeding of medikasie nie
Skryende skande en hulle voeter voort met eie belange
Skud net my kop en wonder wat volgende. So jammer vir hierdie babatjie wat moes sterf…..riv kleinding

Anoniem ·

Ek hoor vanoggend op die radio Nehawu sê dis nie hulle skuld die baba is dood nie. Hulle blameer die “gawament”.

Ek wonder of daar in die inheemse tale ‘n woord bestaan vir “verantwoordelikheid”? Optrede soos hierbo beskryf laat my wonder of die boorlinge hierdie begrip ken?

Milli ·

Hoekom word jy n maatskaplike werker as jy nie eers na mense kan omsien nie en net na jou eie belange kyk? Duidelik is jy dan in verkeerde beroep los dit en gaan vee eder strate of iets want duidelik gee hulle nie om vir mede mense nie

Johann ·

Hartelose gewetenlose eie gewin najae4s! Pass the BUCK…ALTYD iets if iemand anders. Geen gewete=goddelose denke en dade. Spieèlbeeld van wie en wat ons land verwoes met n glimlag…

Oosie ·

Dit is ongelooflik! Dit is asof hulle koppe in ‘n lugleegte funksioneer.

Anell ·

Ek gaan seker nou sinies klink…. maar ek wag om te sien hoe (nie of) dit apartheid en rassisme se skuld gaan word

m ·

Heel moontlik Anell, alles is mos apartheid se skuld….. wat anders gaan blameer word.

Tienkie ·

Hkm wil hul in die professie wees niks anders as moordenaars, moet vervolg word!!! skuus maar Jan v Ribeeck of ander geblameer word….. hul hoort nie in samelewing kinders weerloos!!?

zoom zoom ·

Dan bly die ANC en sy vennote hamer oor wat jare terug gebeur het im soweto. Waar word daar verwys na die marikana slagting asook die 100+ mense wat verplaad was omdat die medies mie meet vir hulle kon sorg. Was dit deel van gister se menseregte dag. Nee nerens op enige nuus flits. Net die sharpville ding was oor en oor gewys op elke nuus berig op TV.

Maatskaplike werker ·

Let daarop dat dit maatskaplike werkers is wat vir die staat werk, wat staak. Dis nou díe wie op intreevlak meer geld verdien as direkteure met jare se ervaring wie nie vir die regering werk nie. Die staat het beurse uitgedeel vir enige jan rap en sy maat om maatskaplike werk te studeer weens die tekort aan mense in die professie. (Van hulle weier botweg om sekere take te doen.) Nou het DSD nie geld om hulle aan te stel nie en word nie-regeringsorganisasies se voortbestaan bedreig. Gaan hulle ons karige subsidies vat om aan die eise van hul personeel te voldoen? Wie veg vir NRO’s?

Patrich ·

Hoekom moes n baba sterf omdat grootmense nie vir hulle self kon dink nie. Ek dink persoonlik moet die hele spul afgedank word. Om kos en melk van n weerlose kind te weehou.

Patich ·

Hoekom kan grootmense nie vir hulle self dink nie. Om kos en melk van n weerlose kind weerhou word. Nou is die kind dood en niks gaan daaraan gedoen word nie. Ek dink persoonlik die hele spul moet afgedank word.

Twee kante ·

‘n Saak het altyd twee kante. Terwyl ons nie in hulle skoene staan en moet oorleef op n salaris wat minder as n verpleegster s’ n is nie, begryp ons nie die volle situasie nie. Dat n kind gesterf het is uiters ontstellend en onaanvaarbaar. maar dat mense wat ander help vir n werk gevoel het het hulle het geen ander keuse nie is net so onaanvaarbaar van die staat se kant af. Julle het geen idee van die omstandighede waaronder hulle werk nie, dis haglik om die minste te sê. Aan die einde van die dag moet hulle ook kan oorleef. Ek praat glad nie hulle optrede om mense te blok wat mediese hulp verskaf goed nie, maar daar is altyd twee kante

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.