Baba sterf toe hy in boorgat val

Soek-en-reddingspanne asook lede van die gemeenskap het sedert Saterdag onverpoos gegrawe om die seuntjie se liggaam te vind. (Foto: Verskaf)

Die liggaam van ’n 18 maande oue babaseuntjie is Maandag in die vroeë oggendure eindelik na die oppervlak gebring nadat dié kind oor die naweek in ’n boorgat buite Tzaneen, Limpopo, geval het.

Volgens konst. Maphure Manamela, woordvoerder van die polisie, het soek-en-reddingspanne asook lede van die gemeenskap sedert Saterdag onverpoos grond opgegrawe by die boorgat in die Joppe-nedersetting in die Letsitele-polisiegebied buite Tzaneen.

Die kind is amptelik as Mighty Baloyi geïdentifiseer.

Manamela kon nie tans meer inligting gee oor hoe dit gebeur het dat Baloyi in die boorgat beland het nie en het gesê dit maak deel uit van die polisie se ondersoek na die voorval. Hy het namens die polisie ’n beroep op ouers gedoen om nie hul kinders, veral baie jong kinders, onder hul oë uit te laat nie.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ly ·

Die ouers was natuurlik weer nêrens te vinde nie. Net jammer die kind moes nou daaronder ly.

RHG ·

As 4 jarige kind op Tzaneen het ek die skrik van my lewe gehad toe ek en my 2 jarige boetie agter piesangbome in die hoek van ons erf gaan snuffel het. Die volgende oomblik trap hy met een voet in ‘n boorgat wat niemand van geweet het nie. Dank die Vader dat hy met sy klein lyfie nie daarin gegly het nie.
Ly, ons was nie verwaarloos nie, sover ons ma geweet het, het ons veilig buite gespeel.
Alle sterkte aan die ouers. Dis was ‘n nare ongeluk. Ek ken nie die feite nie, maar so ‘n gat behoort nie oop te gewees het nie.

Punt ·

RHG, wat met jou en jou boetie gebeur het, was nie as gevolg van ‘n ouer se nalatigheid nie. Julle was immers in julle eie erf. SA sit tans met ongelooflike sosiale probleme. Ouers moet meer paraat wees, veral in die nedersettings. ‘n Mens laat nie so klein kindjie onder jou oë uit nie. Dis ongelooflik hartseer wat gebeur het. Dit kon soveel anders gewees het.

Careltjie ·

Hoe in die lewe val ‘n baba van 18 maande in ‘n boorgat met ‘n casing van 165mm (binnemaat) in? Daai kindjie moes bitter ondervoed gewees het.

MaryPopperz ·

Ek wil ook graag weet hoe ‘n kind pas in ‘n boorgat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.