ʼn Vyf maande oue baba is dood nadat ʼn taxibestuurder in Mpumalanga glo ʼn stopteken verontagsaam het en in drie mense ingeploeg het.
Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê die taxibestuurder, Sibonise Patrick Mathebula (31), staan tereg op ʼn aanklag van strafbare manslag, asook roekelose en nalatige bestuur ná die voorval wat die baba se lewe geëis het.
Volgens die polisie was Mathebula Dinsdag in Amersfoort in sy minibustaxi, toe hy glo die stopteken verontagsaam het terwyl hy agter ʼn ander taxi aangejaag het wat glo passasiers van Ermelo vervoer het.
Tydens dié jaagtog het Mathebula twee voetgangers raakgery, ʼn 20-jarige man en ʼn 23-jarige vrou wat die baba gedra het.
Mdhluli sê die baba is kort na die voorval dood verklaar, terwyl die ander twee slagoffers na ʼn hospitaal gehaas is.
Mathebula is daarna in hegtenis geneem. Hy het Woensdag in die Amersfoort-landdroshof verskyn en bly in aanhouding tot hy weer Maandag vir ʼn borgtogaansoek verskyn.
Die polisiebestuur in die provinsie het die voorval ten sterkste veroordeel en het ʼn beroep op motoriste gedoen om verantwoordelik te bestuur.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Taxi bestuurders het geen respek vir wet of mens nie… ‘n tipiese ANC gesindheid! Sluit die wetter toe en gooi die sleutel weg!
Dit is nie strafbare manslag nie, dit is moord
Stop tekens en rooilig tel nie vir taxis nie
Doen ‘n versoek aan taxi bestuurders om verantwoordelik te bestuur. Hulle het geen respek vir enige regulasies of wette nie of enige ander motoriste nie. Leef die polisiebestuur in ‘n droom wêreld?
“En die polisie bestuur het n beroep op motoriste en voetgangers gedoen om verantwoordelik te bestuur en pad te gee vir taxi`s” …moes die berig gelui het