Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het net na 08:00 by die toneel op die R54 aangekom. Daar het hulle gevind dat ʼn vrou steeds in die wrak van die motor vasgekeer was. Meganiese toerusting moes gebruik word om haar uit die wrak te bevry. Sy het ernstige beserings opgedoen.
“ʼn Babadogtertjie, vermoedelik een jaar oud, is ook in die motor gevind, maar daar was niks wat vir haar gedoen kon word nie en sy is op die toneel dood verklaar,” het Van Huyssteen gesê. Die bestuurder van die bakkie het matige beserings opgedoen.
Die twee beseerdes is deur ER24 en die provinsiale nooddienste na ʼn hospitaal geneem.
Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.
Baie hartseer .
Ek weet nie of ek simpatie moet of nie want as die baba agter in n stoeltjie was sou sy niks oor gekom het nie. het seker weer op ma se skoot gesit want wat kan nou dan verkeerd loop.
Dit is jammer dat so ‘n klein mensie sterf, sterkte aan die familie en vriende. Klein stads motors is nie opgewasse teen ‘n bakkie veral as hy toegerus is met ‘n “bulbar” as dit by ongelukke kom. Daardie motortjie is wel ekonomies en lig op brandstof maar in ons land met sy hoë ongeluk syfers is dit ‘n “no go”.
Ai, dit is sooo hartseer!!!
Dit is tragies. Was die baba in ‘n veiligheidsstoel vir babas? Mense kan altyd uit die oorsaak van ongelukke leer.
Hi ja baba was in baba stoeltjie. Mamma was baie streng daaroor. Ongelukkig was die impak van die ongeluk te groot vir die klein lyfie.
Maroela, dink julle nie om die woord oorlede i.p.v dood te gebruik is dalk ‘n beter opsie nie, of sterf.. in sekere gevalle dalk dood maar die ander twee opsies klink net beter.
Die wereld begin almeer om dinge te se soos dit is. Tye van om li8g te praat is verby.
Maak nie saak hoe “mooi” jy dit laat klink nie. Dis n lelike hartseer ding. Dood is dood.
Miskien as dinge MEER op die manaf gesê word en meer SEERMAAK en meer INDRING in ons koppe en harte sal minder mense…. sterf/ omkom/DOODGAAN
Daai potholes is so groot al in Drie Rivier jy kan bome plant sal nie verbaas wees as dit die oorsaak was nie.
Piet pompies miskien al gedink dis om finansiele redes dat mense klein stadsmotors – soos jy hulle noem – ry. Almal kan nie bakkies of duur groot Duitse motors of SUV’s bekostig nie!
NOT DEAD, moenie MM vra om die woord DOOD te “sugarcoat”
na ‘oorlede’ of ‘sterf’ nie. Dood beteken Dood.
Baie hartseer…bring altyd hartseer memories terug as ek lees van n kindjie wat sy of haar lewe verloor het ek is daar deur…altwee my seuntjies op 1 slag! Baie sterkte aan die ouers mag Jesus julle versterk en troos in die seer tyd
Ons hoef seker nie verder te wonder as jy na die slaggate in die pad kyk nie ne?!
Ai mense, dit was ń baie tragiese ongeluk. Ken een van julle die Mamma wat haar kind vandag verloor het ?Ken een van julle die ander mense wat beseer is ? Ken een van julle die paramediese of veiligheids personeel wat daagliks met hierdie tragiese situasies te doen kry ? Ken een van julle die omstandighede wat gelei het tot die tragiese gebeurtenis ? Wel ek doen nie !! Ek ken wel die hartseer om ń “paar geliefdes” aan die dood af te staan en ek ken wel vir God en daarom bid ek vanaand dat Hy, Sy wakende oor ons almal sal hou en beskerm soos Sy Wil geskied. Ons is almal net op “geleen-de” tyd hier op aarde…. Terwyl ons hier is kom ons wees dankbaar vir elke oomblik wat God ons saam gun. Dit is net deur God se Genade en deur Sy werke dat ek vandag hierdie kommentaar kan lewer. Liewe Heer wees asb vanaand saam met die Mamma en almal wat vandag die tragiese gebeure moes aanskou, asook met die vriende, familie en geliefdes. Rus in vrede liewe kind’tjie terug in ons Hemelse Vader se Huis, Amen.
Ek woon in die Vaaldriehoek en ek sien daagliks mense ry met kleintjies wie nie vasgemaak is in stoeltjies nie. Ek sê nie dis wat hier gebeur het nie, maar dis n algemene verskynsel hier. En die ouers het nooit geld vir n stoeltjie nie, maar nou moet hulle geld hê vir die begrafnis. !!!!!!Mag die ouers en die verantwoordelikes vrede vind en vetroosting. Maar laat ander hardkoppige mense n les hieruit leer!
Vir so n klein ongeluk behoort die baba stoeltjie met gemak dit voorkom het. Of hulle het n eis teen die vervaardiger van die stoeltjie , of daar was nie n stoeltjie nie
Ja baba was in stoeltjie. Haar mamma was baie streng daaroor oor. Dit was nie ‘n klein ongelukkie nie. Die impak van die ongeluk was te groot vir die klein lyfie. Mamma ook kritiek. Bid asb vir mamma en papppa. Kennis van familie
Hi ja baba was in baba stoeltjie. Mamma was baie streng daaroor. Ongelukkig was die impak van die ongeluk te groot vir die klein lyfie.
Dankie Sannie vir terugvoer oor babastoeltjie. William hoe maak jy jou afleiding dat dit ‘n klein ongeluk was? Sterkte aan die familie hou julle in my gebede. Geen babastoeltjie of dra van veiligheidsgordel kan waarborg dat jy in geval van ongeluk nie sal sterf nie. Dis voorkomende voorsorg en vir veiligheid – geen waarborg.