Baba sterf wat in hospitaalverwarmer brand

Madoda Sambatha, LUR vir gesondheid in Noordwes. (Foto: ANA)

Madoda Sambatha, LUR vir gesondheid in Noordwes, sê koppe moet rol nadat ʼn pasgebore baba ernstige brandwonde opgedoen het toe die kind in ʼn babaverwarmer in die Mahikeng Provinsiale Hospitaal geplaas is.

Nadat Sambatha van die skokvoorval te hore gekom het, het hy gereël dat die baba en die baba se ma na ʼn spesialisfasiliteit by ʼn private hospitaal in Pretoria oorgeplaas word. Die baba het egter op pad na die hospitaal gesterf.

“Dit is onverskoonbaar dat ons mense onderwerp word aan hierdie tipe behandeling. Ons word vertrou met die lewens van mense en dikwels die weerloosste mense in ons samelewing,” het Sambatha vandeesweek tydens sy besoek aan die hospitaal gesê.

“Dit is skokkend dat van ons mediese praktisyns by die Mahikeng Provinsiale Hospitaal so min omgee vir mense se lewens. Sulke mense moet die gevolge dra van hul nalatigheid teenoor hul pligte en pasiënte. Ek is vasbeslote om  dienslewering by die hospitaal te herstel en enigiemand wat nie voldoen aan die standaarde van dienslewering nie, moet gereed wees om ernstige gevolge te dra.”

Sambatha het ook ʼn klagte ontvang van ʼn pasiënt wat sleg behandel is deur die verpleegpersoneel by die hospitaal. Nadat die hospitaal oor die klagte ingelig is, het die verpleegpersoneel die pasiënt as “die LUR se pasiënt” geëtiketteer, eerder as om behoorlike mediese sorg aan die pasiënt te gee.

“Die LUR het tot sy skok uitgevind die hospitaalbestuur het ook geen stappe teen die betrokke verpleegsters gedoen nie, ondanks die feit dat die klagte wel by die bestuur aangemeld is,” het woordvoerder Tebogo Lekgethwane gesê.

“In nog ʼn skokkende voorval by dieselfde hospitaal, het ʼn administrasieklerk na bewering vir pasiënte gesê hulle moet huis toe gaan sonder dat hulle ʼn dokter of selfs net ʼn verpleegster gesien het. Met hierdie voorval is daar ook geen stappe teen die administrasieklerk gedoen nie. Hieroor het die LUR opdrag gegee dat daar nou stappe teen die bestuurders gedoen word wat versuim het om die klerk te dissiplineer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Sarel ·

Bla bla bla te min te laat a.g.v onbevoegde personeel. NGV ?????

Christine ·

My man was in Pelomy hospitaal in bloemfontein en hy was erg mishandel daar. Hy is 72 en sukkel nou nog om reg te kom nadat ek hom uitgevat het daar dit is al 8maande terug en hy kom nie reg .ons het gekla en gekla maar teen dowwe ore tot die matrone het my man moeilikheid gegee omdat hy gekla het omdat hy n halfuur na hy uit teater gekom het geval het deur n verpleegster .ek het fotos en bewyse en getuies gehad maar nie een by die hospitaal wou iets doen omtrent die klagtes nie. En hul het my man net die ler teen sy kop geslaan oor hy gekla het . En my soos n weti wat behandel omdat ek gekla het . Maar geen klagte is eits aan gedoen nie dit gaan ook nie verder as tot by daai hek nie ek sal niemand ooit aanraai om na daai plek toe te gaan nie hul sal n mens dood maak daar .miskien moet die gesondheids mense bietjie gaan ondersoek instel oor die goe steftes syfer daar

Rooi ·

Hierdie tipe van dinge gebeur daagliks by openbare hospitale. Ek maak gelukkig nie gebruik van openbare hospitale nie maar het dit met my eie oë gesien en ore gehoor hoe mense behandel word. En die ergste van als, die personeel kom niks oor nie. Al word daar klagtes gemaak teen die betrokke personeel.

Yolandie strydom ·

Selfde ding het met my gebeur 6 jaar terug. My kind was 24\7 onner di lugte gesit en tu ek begin moan het na 3 dae wat ek brand wonde op my kind begin sien het (ng baie lig ma ek konit sien) het hulle my gese dis ni brandwonde ni, hy makeer nix. N anner suster by n anner hospitaal gebel en syt gemaak lat hulle di ligte viri nag afsit na sy di fotos gesien het. Syt n klag teeni dokter, susters en hospitaal ingele nadat almal gese het da is nix fout mt hom ni. Ek was boos. Ekt my en my kind ytgeteken.

Andrea van Vuren ·

Rooi, jy gaan nog in een van daai hellhole beland as die NVG hulle sin kry. Waar is die toesighouers om die temperature van die broeikaste na te gaan? Skande!

John ·

… koppe moet rol… watter tjol. Diè soort mense gaan die nuwe gesondheidsplan hardloop. Mag die Vader ons behoed!

Kallimaari ·

Tyd om rug te draai op Suid Afrika, die verlore land. Maar waarheen?

Ek wil uit wees voor NHI.

Pottie ·

Ek stem die land het sy alie gesien en ons blankes gee ook nie om nie dit is tyd vir plan b

Peanut ·

Kom Namibia toe. Ons kort heelwat meer mense wat fluks kan werk, goed kan organiseer en bowenal mense wat kan kom belê in fabrisering.

VVA ondersteuner ·

Kom stem JA op die Verenigde Vryheids Alliansie VVA webtuiste. Ja vir selfbeskikking en afstigting.

Hanna Hoekom ·

Maar die regering wil ons totale mediese sorg oorvat…

Kallimaari ·

Juis. Waarvoor die Minister van Gesondheid aandadig is, asook die LUR, die hospitaal se top-bestuur, verpleegkundiges en almal wat die pediatriese afdeling beheer. Om ‘n gesonde baba aan die dood af te staan weens growwe nalatigheid is ondenkbaar, en hier stem ek met die LUR saam…koppe moet rol, syne inkluis.

Arno Scheepers ·

n Vis vrot van sy kop af…….dus moet die sogenaamde LUR se kop heel eerste rol. Dit is as gevolg van onbevoegde leierskap dat daar onbevoegdheid in ons gesondheidsdienste is. As NGV eers daar is gaan die media berigte plaas wanneer n baba n geboorte oorleef.

Jan Phillipson ·

Dit is weereens die geval van die “who cares” kultuur! Mense het gewetens, die spannetjie weet nie wat gewete beteken nie!

Elzabe Jevon ·

En die regering WIL die NVG deurdruk!!!
Hulle kan nie eers die bestaande sisteem bestuur nie!!

Oom Jaco ·

Where is the love?? Mens is veronderstel om om te gee in hospitaal beroepe…

Gemaskerde Sopbeen ·

Goddelose land? Jy bedoel seker “nie JOU god nie” land…..? Dis mos hoe dit werk…..enige iemand wat nie aan JOU god glo nie?….is goddeloos? Hoe weet jy?

ZeldA ·

Elna ek stem saam met jou. Verskoon vir GS … soek alweer aandag.

Beulah ·

Gemaskerde Been. Daar is net EEN GOD. Hy is God van liefde EN God van GEHOORSAAMHEID. Die wat Sy Wil doen is Sy kinders. Nie die wat Sy Wil praat nie. So ek stem…..Goddelose land beslis. Vandag wil almal mense tevrede stel maar vergeet van God. Eendag gaan HY alles gelyk maak. Dan gaan geen van ons opinies water dra nie want HY IS GOD.

Uilspieel ·

Mmmm… en as NVG intree? Wat dan? Natuurlik sal net sekere Suid Afrikane in diens gestel word. Alles gaan dan daal na hierdie swak standaard

piper ·

n werker van my is by n hospitaal weggewys met n paar panados en is gese hy makeer niks. volgende dag dood. NGV is vreesaanjagend.

Astrix ·

Sjoe hul kry dit nou wragtig reg om Hitler se konsentrasie kampe te laat lyk soos n Sondag middag uitstapie. Dan wil Rampoker gedagte nog NVG ook toepas. Hoop eks al lang boome toe die dag as dit gebeur.

Als Gehoor ·

Weereens n geval waar mense die werk wil he, maar dit nie wil doen nie. Dit gaan net oor die salaris aan die einde van die maand! Geen simpatie met die weerloses nie.

Rubber ·

Madida wil dienslewering by provinsiale hospitale reg ruk. Ek eet solank springmielies en hou die verwikkeling dop.

Jana ·

Ons prem baba was amper in ‘n privaat hospitaal so gebraai. Ons was gelukkig daar en het gesien dat hy bloedrooi was. Ons het die verpleegster geroep en sy sê toe dat niks verkeerd is nie. Ek het hom opgetel (wat ek nie op daai stadium mag doen nie) en gesien hy is sopnat gesweet. Ons kom toe agter dat die heater se regileerder foutief is en dat hulle besig was om my 1.2 kg premie lewendig te braai. Let wel ‘n privaat hospitaal. As ons nie daar was en die verpleegster se werk vir haar gedoen het nie, was ons kind vandag dood.

Ek ook ·

Ek het dieselfde ervaar. My baba was bloedrooi en toe ek die verpleegster daarop wys, het sy nonchalant net die temperatuur afgedraai. Ek ys om te dink wat sou gebeur het as ek nie kom kyk het nie.

Chris ·

Let wel! Verskeie mense wat hier op die berig antwoord, praat van NVG. Dit moet NGV wees. NGV beteken Nationale Gesondheids versekering. NVG beteken Nationale Vervolgings Gesag.

Skoolgeld ·

Meeste mense weet inelkgeval nie wat om hulle aan die gang is sou ek eerder sê

ali catl ·

profesionele finnes bestaan nie meer in meeste hospitale algemeen en privaat. voor nvg vergader sal ek vooestel daar word eers besoeke saam met hoofde van die verpleegsters raad ev vereniging mediese raad en hoofde van hospitale landwyd besoeke gebring aan meer as een hospitaal en kliniek,

KaterinaKat ·

Ons sal ons self moet behoed. Alle mediese fonds lede in die land sal moet saamstaan en prokureurs en advokate kry om n klasaksie teen die regering te bring. Privaathospitale moet uitgelos word om aan te gaan soos dit huidig doen.Waarom moet ons hewige maandelikse premies betaal as ons gaan opeindig met die gehalte sorg wat staatshospitale voorsien? And when referring to state hospitals i use the term “hospital” very Very loosely. Want die vet weet mens is sekerlik beter af in n sangoma se hut as in n staats”hospitaal”.

As ons nie betyds keer nie is ons kinders en kleinkinders se dood op ons hande ook!

Kan Afriforum of prokureurs of advokate wat hier lees, dalk asseblief begin met so n saak? Wat gaan word van ons kinders en kleinkinders??? Daar is derduisende van ons wat nie kan bekostig om die land te ontvlug nie, of te oud is.

Hartverskeurend! ·

Ja stappe moet geneem word en die owerhede doen nie genoeg nie en en en. Die kritiek wat ons kan lewer is legio, maar die groot hartseer le in die feit dat wat voorheen ‘n eerbare beroep was nou net nog n salaristjek geword het. Waar is die dae toe verpleging ‘n roeping was eerder as net ‘n werk. Ons plaas ons veiligheid en gesondheid in die hande van mense wat bloot geen werksetiek het nie en heel waarskynlik verbaas is dat iemand ‘n bohaai kan maak oor die voorval en hierdie ongeergde mense kom in alle kleure en nasionaliteite, maak geen fout

JOHNIE ·

NGV ???? MAG DIE HERE VERHOED DAT DIE CLOWNS DIT IMPLEMENTEER!!!!!

Woedend ·

Onbevoegd om hulle werk te doen, en vir hulle gaan dit nie om die welsyn en omgee van die pasiente. Net oor salaris aan die einde van die maand. Laat die koppe rol en betaal hulle af en stel bevoegde opgeleide mense aan wat n passie het vir hul werk. Maar dit is skaars soos hoedertande natuurlik.

Pottie ·

N mens is bang om dood te gaan maar as jy in n staats hospitaal le dan wens jy eerder jy gaan dood hoekom gaan le ons president en sy trawante nie in n staats hospitaal nie

jakes ·

Hierdie tragiese voorval met die baba is tiperend van hoe mense in staatshospitale behandel word. Vet verpleegsters wat meer daarin belangstel om die pasiente se kos te eet. Die basiese dinge soos hoe om n pasient se koors te meet of om n binneaarse spuitnaald korrek in n pasient se arm te plaas is grieks vir hulle. Nagskof personeel slaap hul skofte om en die vuil toilette en badkamers is om van naar te word.

humor ·

Jana, ja hierdie dinge gebeur ook in privaat hospitale. Dit gebeur vanwee in – diensopleiding Dikwels le die probleem by hulle wat verantwoordelik is vir die opleiding. Passie vir die edele beroep het uiters skaars geword. Regstellende aksie veroorsaak ook dat daar gebrekkige verhoudinge vanwee kultuurverskille heers. Dit geld van die personeel onderling sowel as die verhoudinge tussen pasient en verpleegpersoneel. Ek voorsien groot probleme met die ngv wat deurgedruk moet word, en hoop dat daar n oplossing sal kom.

humor ·

NGV…….. Hier kom n ding wat ons vinniger sal wegvat as plaasmoorde.

Christa ·

Niks snaaks nie. Geen hospital is meer veilig nie. Diens is uiters swak. As daar nie teen die skuldiges op getree word nie gebeur dit net weer. onskuldiges lei daaronder

Leonê du Toit ·

Ek is ongelukkig 1 wat staatshospitale en klinieke MOET gebruik en dit gaan oral hier bo so. Ek was onlangs vir n paar maande in die Kaap en by die Helderberg Hosp en Gordonsbaai kliniek het ek net puik diens gekry en dis skoon en georganiseerd. Hier bo (Witbank) is dit n gemors en vuil en die verpleegpersoneel is so ongeskik en slapgat. Skies maar agbare Minister vermom jouself en gaan sit in die rye by buite pasiënte dan praat jy weer. Laat jy beleef wat enige staatspasiënt velkleur maak nie saak nie, elke dag beleef. Ek het al daar gesit wat my hart wou breek vir hoe hulle hul.eie ou mense behandel en dis regtig nie lekker nie. Wat nog te sê van ander. En dit het niks met rassisme te doen nie dit is doodeenvoudig hul is daar vir salaris nie empatie of liefde vir die beroep nie. Ek het familie in die beroepe en wragtig dit is hul passie nie net n salaris

Johanna ·

Pleks die minister van gesondheid liewers die hospitale regruk en die mediesefondse uitlos. Daar het hulle toegang tot medies maar kyk wat gebeur. Hoop hy beland ook in so n hospitaal dan sal sy oë oop gaan.

Kolskoot ·

Hoekom jaag na n privaat hospitaal ???? hulle moet die NGV
instel as ook beslaglê op ons
Pensioene want waar gaan al die geld vandaan kom om die miljoeone eise teen hulle uitebetaal .
Kind is in die hel gebore .
Arme ma en familie.
Innige simpatie.

hercu ·

“Jesus said, “Father, forgive them, for they don’t know what they are doing” – Luke 23:34

may the grace and mercy of the Lord, Jesus Christ, the love of the Father and the omnipresence fellowship of the HolySpirit be with you forever!! ????Shalom????

Tinus Coetzee ·

Kyk, ‘n baba bly ‘n baba, en verdien seer sekerlik beter behandeling as dié.
Dis net pateties dat daar nou op en af gespring word, daar is by die staatshospitale geen omgee en geen diens nie. Hulle is daar om ‘n salaris te trek. Laat die LUR net voor 9 die oggend in JST Hosp in Rustenburg instap. Die kanse is goed dat hy die pasiënte in die gange sal kry waar hulle lê. 9 uur stop alle hulp en behandeling, dan is dit teetyd. My een werker se kind het in die gang gelê en doodgaan, want dit was lunchtime.
Ek wonder, watter staatsdepartement of semi staats instansie werk nog?

Mariaan ·

En wat toe dit met my kind gebeur het 5 jaar terug toe was dit niks dis regtog onregverdig gan lees aab my berugte wat deur maroela media gedoen is 5 jaar terug brand baba Juan venter presies die selfde heg met my kind gebeur hy moes le en suffer en hulle wou hom nie oorplaas privaat toe nie dis onregverdig regtig…………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.