Baba sterf week ná tragedie

Brayden Weideman. Foto: Verskaf

ʼn Familie en gemeenskap is in rou gedompel oor die dood van die 17 maande oue Brayden Weideman wat verlede Saterdag ernstig beseer is toe ʼn brand in sy ouerhuis uitgebreek het.

Maroela Media het vroeër berig Brayden en sy ma, Samantha, het beserings opgedoen toe die brand op 27 Januarie omstreeks 09:00 in hul woonplek in Burmaweg in Queensburgh, suid van Durban, uitgebreek het.

“Met paramedici se aankoms op die toneel was die Durban-brandweer besig om die brand te bestry. Brandweermanne het die kind reeds uit die brandende gebou gered. Die ma het uit die woonstel gespring in ʼn poging om van die vlamme weg te kom,” het Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care Paramedics, destyds gesê.

Samantha en Brayden is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na die RK Khan-hospitaal geneem vir mediese behandeling. Samantha is later met ʼn rugbesering ontslaan. Brayden is na die brandeenheid van die Inkosi Albert Luthuli-hospitaal oorgeplaas. Hy was sedertdien in die trauma-waaksorgeenheid nadat hy interne en eksterne brandwonde opgedoen het. Hy is aan ʼn ventilator gekoppel en sy toestand het weens infeksie begin verswak. Hy het Maandagaand aan sy beserings beswyk.

“Gister het ons die hartverskeurende nuus gekry. Sy liggaampie kon net nie meer suurstof opneem nie en sy organe kon nie al die druk hanteer nie,” het Annerie du Plooy, direktrise en stigter van die Hero Burn Foundation, ʼn niewinsgewende organisasie wat ondersteuning bied en omsien na brandslagoffers en hul naasbestaandes, Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Du Plooy het gesê Samantha, haar verloofde, Nicholas Thomas Daw, en hul families is platgeslaan en getraumatiseerd.

“Hulle het alles in die brand verloor en nou vir klein Brayden. Nicholas het net die klere aan sy lyf oor wat hy daagliks was en dra. Ons poog nou om skenkings vir die gesin in te samel en versoek almal om Brayden se naasbestaandes in hul gebede op te dra.”

Volgens Du Plooy word die presiese oorsaak van die brand nog deur die brandweer ondersoek. Voorlopige ondersoek dui egter daarop dat dit moontlik ʼn elektriese brand kon wees.

Sy het gesê die dag dat die tragedie hom afgespeel het, het die brand en rook Samantha so vinnig oorweldig en aan die een kant van die huis, in ʼn wooneenheid bo ʼn motorhuis, vasgekeer. “Ons vermoed sy het toe uit die badkamervenster gespring in ʼn poging om om te hardloop na Brayden toe voor die brandweer daar aangekom het,” het sy bygevoeg.

Mense wat klere, meubels en niebederfbare kos wil skenk, kan Hero Burn se Facebook-blad vir meer inligting besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Hannatjie ·

Dis baie tragies en hartverskeurend! So ‘n pragtige ou seuntjie. Ons dink aan sy ouers en familie.

Willie ·

Ai so tragies… baie sterkte, mag die Heer jul vertroos in die moeilikke tyd.

Leandra ·

Dit is absoluut hartverskeurend, my hart huil saam met die familie.

Jammer ·

AG dis baie erg. RIV kleine mensie. So jammer vir die ouers se groot verlies. Niks sal die gemis wegneem nie. Mag julle troos en vrede in julle Skepper vind.

Mamma ·

Sjoe, daardie arme ma gaan haarself nooit kan vergewe omdat sy sonder haar kind gevlug het nie. Hoop sy kry baie hulp, want mens weet nie hoe jy in ‘n lewe en dood situasie gaan reageer nie.

Antjie ·

Toe sy blykbaar uitgespring het, was dit nadat hy reeds gered was. Sy wou nie wag dat die brandweer haar óók red nie, maar wou by haar kind wees. Haar rug is dus beseer uit liefde vir hom. Nou is hy terug Huis toe…

Ada ·

Dit is baie erg – maar hy is in die Hemel.
Baie baie jammer om te hoor en sterkte vorentoe.

Sad ·

Sjoe dis so ongelooflik sad. ..my vraag net hoe spring jy uit brandende huis en los jou kind. ..

Ja ne ·

Was jy al in so n situasie? Het rook jou al oorweldig en heeltemal gedisorienteer? Dink voor jy jou mond uitspoel.

Ann ·

Ek het ook aanvanklik gewonder hoekom sy sonder die kind uitgespring het, maar toe sien ek aan die einde van die artikel sy was aan die een kant van die woning en die kind aan die anderkant met die brand tussenin. Sy het juis uitgepring om te probeer om kom na die ander kant.

Marelise ·

As ek dit reg het, het ek in n vorige berig gelees op facebook dat sy die kind in die wasbak gesit het en met die omdraai by die venster het sy gegly voordat sy hom kon vat en ook spring. Maar die brandweer was alreeds op die toneel gewees toe sy val, so dit sou inelkgeval dieselfde afgespeel het. Moet asb nie die ma oordeel oor iets wat buite haar beheer was nie. Jy was nie daar nie

ja ne ·

Super tragedie. Here troos asb daai ouers. Ons as mense kan nie eens probeer nie. My hart is mal seer oor dit.

wilma ·

Sad, volgens die berig klink dit asof die mamma en baba nie in dieselfde vertrek was toe die brand uitgebreek het nie. In ‘n poging om die baba te bereik, het sy deur die venster gespring.
Dit bly nietemin ‘n ontsettende hartseer geval.

Maggie ·

Sad-elke individu reageer anders in n nood situasie.Niemand van ons was in daardi mamma se skoene nie en ek is seker sy gaan haarself vir altyd verwyt.Ek glo nu dit was vir haar maklik nie.Sterkte aan die ouers.RIV klein Brayden

Gesiggie ·

Hoe kan woorde aan die Mamma en Pappa iets beteken… deur al die Eina wat jul moet deurmaak… my hart breek in stukke…. wat n Engel kind… om net na sy gesiggie te kyk maak my so ongelooflik hartseer…. My innige simpatie aan jul, en sien jul trane ek ken jul pyn…. mag Jesus jul omvou en dra deur hierdie tyd van hartseer… RIP klein Brayden… ek glo nie die Mamma het gespring sonder om eerste aan haar kind te dink… oomblik van skok was te erg? ons oordeel nie… ons dink aan die gesin wat deur hartseer moet gaan ? wat hul huis en kind verloor het…. so jammer vir jul

wilma ·

Miskien moet ons berigte deegliker lees voordat ons snedige kommentaar lewer veral waar daar soveel hartseer is!

Liendempers ·

Wilma ek stem saam met jou. Party dae wonder ek hoekom ek nog die kommentaar lees want hier is regtig mense wat óf nie die hele berig lees nie óf dalk lees hulle maar die vermoeë om te verstaan ontbreek heeltemal. As jy nie iets goeds kan sê nie, bly dan eerder stil.

Ingrid ·

In hierdie moeilike omstandighede kan net God aanvaarding, rus en vrede vir die familie bewerkstellig. Die toetse wat ons soms moet skryf, is nie altyd aangenaam nie maar maak ons net sterker want God bly in beheer van elke situasie, al verstaan ons nie altyd alles nie.
Laat ons nie wonder oor die moeder se optrede nie want ” van wonder gaan die son onder ” ! Stap eers n paar myl in HAAR skoene !

Sê maar net. ·

Stem saam met Wilma..Lees asb die berig deeglik….Baie sterkte aan die mamma en familie in hierdie hartseer tyd.

Nadia ·

Ek het die mamma se storie gelees op die groep wat klein Brayden probeer help het met donasies. Sy het nie uit die venster gespring en haar kind gelos nie. Sy het na die badkamer gehardloop en Brayden in die wasbak gesit. Sy het uit die venster geklim om klein Brayden saam uit te tel. Die pyp waarop sy gestaan het aan die buitekant van die huis het gebreek en sy het geval sonder om vir Brayden te kan gryp.

Baie sterkte aan die mamma, pappa en familie in hierdie verkriklike tyd. XXX

Mamma ·

Dankie dat jy verduidelik. Die arme arme vrou. Wat ‘n verskriklike ding om oor te kom. Maar selfs al het sy sonder hom gespring, sou ek nogsteeds nie dink dis haar skuld nie. Die punt is, sy wou haar kind red, maar is die kans ontneem. Nou het sy baie liefde nodig. Arme mens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.