Paramedici het Saterdagaand omstreeks middernag ʼn baba tussen vullissakke in Durban gevind.
“Omstanders het rondom die vullissakke gestaan toe paramedici by die toneel in Broadstraat naby Smithstraat opgedaag het,” het Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, gesê. “ʼn Pasgebore baba wat in ʼn plastieksak toegedraai was, is langs die pad gelos.”
Die baba het ongelukkig reeds gesterf voor paramedici opgedaag het. “Die toneel is aan die SAPD oorgegee vir verdere ondersoek.”
Deesdae nie eers meer snaaks nie. Word net deel van statistiek. Die hoeveelste een noual die afgelope 2weke?
Siek!
Wat ek nie kan verstaan nie … in vandag se lewe met die sosiale media – weet mense nog steed nie as jy seks het dat jy kan swanger word nie? Weet jy nog steeds nie van die pil, inspuiting, ens ens nie? Hoekom so ver gaan en dan so barbaars optree — puttoilets, vullissakke, oop velde, ashope…..
Fransie ken jy nie van windbestuiwing nie?
Ai hierdie tipe goed maak mens so naar. Hierdie tipe ding gebeur al hoe meer in hierdie siek samelewing van ons. As mens nie eers mee gewete het nie dan weet ek nie so lekker nie. ek hoop regtig hierdie vrou het eindelose slapelose nagte oor wat sy gedoen het.
Daar is gemiddeld 200 ongebore baba moorde in Suid Afrika per dag. Ek hoop hulle het almal ook slapelose nagte. Verskil is hierdie moorde was kamtig wettig. ‘n “Reg” as jy wil. Hoe verskil dit van die plastiek sak/rommel moord?