Baba tussen rommel in Durban gevind

Toneel in Broadstraat, Durban waar 'n baba tussen vullissakke gevind is (Foto: Rescue Care)

Toneel in Broadstraat, Durban waar ‘n baba tussen vullissakke gevind is (Foto: Rescue Care)

Paramedici het Saterdagaand omstreeks middernag ʼn baba tussen vullissakke in Durban gevind.

“Omstanders het rondom die vullissakke gestaan toe paramedici by die toneel in Broadstraat naby Smithstraat opgedaag het,” het Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, gesê. “ʼn Pasgebore baba wat in ʼn plastieksak toegedraai was, is langs die pad gelos.”

Die baba het ongelukkig reeds gesterf voor paramedici opgedaag het. “Die toneel is aan die SAPD oorgegee vir verdere ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

François ·

Deesdae nie eers meer snaaks nie. Word net deel van statistiek. Die hoeveelste een noual die afgelope 2weke?

Fransie ·

Wat ek nie kan verstaan nie … in vandag se lewe met die sosiale media – weet mense nog steed nie as jy seks het dat jy kan swanger word nie? Weet jy nog steeds nie van die pil, inspuiting, ens ens nie? Hoekom so ver gaan en dan so barbaars optree — puttoilets, vullissakke, oop velde, ashope…..

m ·

Ai hierdie tipe goed maak mens so naar. Hierdie tipe ding gebeur al hoe meer in hierdie siek samelewing van ons. As mens nie eers mee gewete het nie dan weet ek nie so lekker nie. ek hoop regtig hierdie vrou het eindelose slapelose nagte oor wat sy gedoen het.

Jean ·

Daar is gemiddeld 200 ongebore baba moorde in Suid Afrika per dag. Ek hoop hulle het almal ook slapelose nagte. Verskil is hierdie moorde was kamtig wettig. ‘n “Reg” as jy wil. Hoe verskil dit van die plastiek sak/rommel moord?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.