Baba uit Mpuma-hospitaal ontvoer

Argieffoto

Argieffoto

‘n Pasgebore baba is die naweek uit die Rob Ferreira-hospitaal in Nelspruit, Mpumalanga ontvoer.

Dumisani Malamule, woordvoerder van die provinsiale departement van gesondheid, sê ‘n vrou het omstreeks 14:00 Saterdagmiddag by die hospitaal se kraamsaal opgedaag en beweer sy wil haar skoonsuster besoek.

Volgens Malamule het die vrou gesê sy wil die baba vir ‘n ouma elders in die hospitaal gaan wys.

Malamule sê personeel het later na die vrou begin soek maar kon haar nie vind nie en die polisie is ontbied.

Malamule sê dit is nog nie duidelik hoe die vrou daarin kon slaag om die hospitaal met die baba te verlaat sonder die nodige identiteitsdokumente nie.

Die ma van die baba is steeds in die hospitaal en ontvang berading.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat ‘n saak van ontvoering Sondagoggend aanhangig gemaak is. Hy sê die baba is nog nie gevind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nina ·

Van wanneer af mag ‘n baba uit die babasaal verwyder word deur enige iemand?? Idiote.

SNEL ·

Ja-nee, snip, nou lekker gegiggel vir jou sê-goed. Hierdie is skokkend en so onnodig!!!! Hierdie personeel aan diens moes fermer opgetree het en glad nie n baba uit die kraamsaal laat gaan het nie. Dis vreeslik erg vir daai ouers nou. Om 9 maande n gesonde baba te dra en dan waar jy veronderstel is om veilig te voel, word jou kind gesteel. Is daar nie kameras waarop hul die persoon kan sien en beeldmateriaal vrystel op netwerke sodat daai persoon aangekeer kan word nie. Hulle beter vinnig optree. Sterkte aan die ouers en ons bid dat jul kleinding vinnig en ongedeerd gevind sal word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.