Baba van verdrinking gered

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 18 maande oue baba is in ʼn stabiele toestand nadat hy Dinsdag uit ʼn swembad by ʼn huis in Middelburg, Mpumalanga, gered is.

“Lede van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het die paramedici na die huis in Jacarandastraat ontbied,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Paramedici het na die toneel gehaas en lede van die GPF en familie was reeds besig om die baba te probeer red. Hulle het by die omstanders oorgeneem.” Ná 10 minute se KPR is die baba bygebring.

Meiring het gesê die baba is dadelik gestabiliseer en na Mid Med-hospitaal geneem vir dringende mediese behandeling.

Dit is nog nie duidelik hoe die baba in die swembad beland het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan Coetzer ·

Baie sterkte aan die familie. Ons bid vir julle en die babatjie vir spoedige herstel.

Sherese Roberts ·

Baie dankie aan almal wat saam is bid. Dokter se Aiden is stabiel sy longe hart en bloeddruk is als goed maar hy respond nie as hy hom knyp nie dit kan die verdowing wees of brein skade hy sal vandag toets en kyk of sy brein aktief is.
Aiden is per helikopter gestraand na hosp on jhb geneem.
Bid asb vir Aiden se vol herstel

Muys ·

Bid vir volkome geneesing vriendin! Ons harte is saam jul seer! xx Hys ‘n klein ystertjie!

Tanya ·

Ai vriendin ons harte saam jul seer. Ons sal Bid vir klein Aiden se herstel, en ons gebede gaan aan jou sus hulle ook, deur die moeilike tyd wat hulle deur gaan, Mag die Here klein Aiden aanraak en ook die krag aan die ouers gee. Dink aan julle.

Blondie ·

My man gee opleiding in KPR en eerstehulp, veral vir moeders met babas en kinders. Ek dink elke ouer en of grootouer moet dit kan doen. Hoe gouer KPR toegepas word, hoe beter is die kans op oorlewing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.