Baba veilig gevind ná kaping

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Agt maande oue babaseuntjie is Sondagaand veilig gevind kort nadat sy ma se silwer Volkswagen Polo gekaap is terwyl hy steeds in die motor was.

Kapt. Mpande Khoza, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou het omstreeks 20:30 die hek na haar huis in Phiri, Soweto oopgemaak toe twee of drie mans haar met ʼn vuurwapen aangehou het.

Die mans het die vrou se motor gekaap terwyl haar babaseuntjie steeds op die agtersitplek in sy babastoeltjie vasgegordel was.

Volgens Khoza het mense wat naby die vrou woon kort hierna ʼn baba hoor huil. Die babaseuntjie is in sy babastoeltjie langs die pad gevind.

“Die baba het gehuil maar hy is veilig,” het Khoza gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.