Baba verdrink in emmer water

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Die Wes-Kaapse polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn baba Donderdag naby Wildernis verdrink het.

Robert van Helsdingen, die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se Wildernis-bevelvoerder, het gesê bemanningslede is omstreeks 11:30 na ʼn informele nedersetting naby die Gwaing-riviermond ontbied.

“Paramedici, brandweerbeamptes en lede van die SAPD was reeds daar en die baba is dood verklaar. Die baba het glo per ongeluk in ʼn emmer water verdrink,” het Van Helsdingen gesê.

“Die baba se liggaam is deur die polisie se forensiese patologiedienste weggeneem en beraders van die polisie het familielede bygestaan,” het hy gesê. “NSRI betuig ons innige medelye met die familie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Naamloos ·

N emmer water?? Ai. Hoe kry die ma dit reg? Geen kinders word onder jou ogies uitgelaat nie. Flip weet ons wat bid vir kinders en nie kan kry nie en anders ouers laat dit gebeur. N kind moet 24/7 in jou eye sight wees..

Buitestander ·

Mense onthou die mense bly in ‘n nederseting wat nie lopende water in die huis het nie. Hulle is gewoont aan emerstelsel. Jy los nie ‘n emmer water op die vloer waar ‘n baba kan teen opstaan nie punt.

Marie Visser ·

Naamloos en Buitestaander, die oordeel kom jul nie toe nie. Pasop, ons almal het groen gras op die land. Innige simpatie met die gesin en familie – God bring vertroosting.

Droogte ·

Marie plaas hy gooi die water in ons lee damme ipv n kind verdrink. Dit sou n vertroosting wees ipv n dooie kind.

Anoniem ·

Ek sien geensins Naamloos of Buitestaander se kommentaar as veroordelend nie. Net vraend hoe so iets dan moontlik kan wees.

Se maar net ·

Marie, ek moet ongelukkig saam die ander twee stem. Ek as ouer van 2 klein kindertjies los hulle nooit onder my oë uit nie. Nog minder as dit by water kom. ‘n kind is jou kosbaarste besitting en jy pas hulle met ‘n valk oog dop soos goud.

Amanda ·

Julle wat oordeel. Passop vir die dag wat julle tragedie hier eindig en ander op n rusbank lê en kritiseer tydens julle tyd van pyn…

Anoniem ·

Om vrae te vra is nie noodwendig om oordeel te fel nie nie. Dit is maar ‘n logiese reaksie op iets wat ‘n mens se verstand te bowe gaan.

Sweep ·

Kom ons vra ‘n paar vrae voor ons slaan met die sweep.
1. Dis ‘n plakkerskamp en van waar af word die water aangedra?
2. Sou daar ooit ‘n tafel wees om hierdie water op neer te sit?
3. Is die ouers bewus daarvan dat ‘n baba wat kruip goedsmoeds teen ‘n voorwerp kan opstaan en in hierdie geval die emmer en dan a.g.v. die grootte van die kop (“top heavy”) se gewig vooroor kan val in die emmer en sodoende verdrink?
Daar is al voorheen vrae gevra oor MM oor hoe dit moontlik is dat ‘n baba in ‘n skottel/emmer kan verdrink. Dus is daar mense wat nie hierdie gevaar besef.
Laat hierdie voorval dus vir ons ander OOK ‘n les wees!!

Anoniem ·

Jy maak nou verskonings vir volwasse mense wat oud genoeg is om hulle verstand te gebruik om hulle babas van ALLE moontlike gevare te beskerm deur net logika te gebruik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.