Baba verdrink in Pietermaritzburg

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Sestien maande oue baba het Maandag in ʼn swembad in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, verdrink.

“Paramedici is na die toneel ontbied nadat die baba in die swembad geval het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Die kind was reeds uit die water toe paramedici en nooddiensbeamptes van die provinsiale departement van gesondheid by die toneel opgedaag het. Die kind is op die toneel dood verklaar.”

Dit is nog nie duidelik hoe die baba in die water beland het nie. Die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

MissDemeanor ·

Weet jy, ek dink jy oordeel te vinnig. Aan die een kant is dit wel so dat die tipe ongelukke voorkom kan word deur kinders goed dop te hou en deur veiligheids meganismes te instaleer. Maar ek self het die vakansie 2 keer met my eie kind besef hoe maklik so ies gebeur. Ons was binne ‘n huis by familie, die kinders het op die mat gespeel, en die traliehek na buite was toe. Maar die slim hond het dti op n skrefie oopgemaak en my dogtertjie het met haar lyfie die hekkie verder oopgedruk. Toe ek opstaan om seker te maak dat sy nie by die trappe opkilim nie toe sien ek gelukkig sy is besig om in die swembad in te klim (sy is 2). Omdat die hekkie toe was, en niemand besef het dat die hond weet hoe om dit oop te maak nie het ons nie gedink dat die swembad ‘n gevaar was op daardie oomblik nie (die trappe was wel). Die hele ervaring het gemaak dat ek nie meer so vinnig is om ander te veroordeel as hul kinders verdrink nie ( en nou hou ek my dogtertjie selfs meer dop as voorheen, mens kan letterlik nie vir ‘n oomblik ontspan nie). My innige meegevoel aan die familie.

marianne ·

Mag die Here die ouers vertroos en berusting gee soos net Hy kan….dit is n groot ongeluk en dis net genade van Bo as dit nie met ons kindertjies gebeur nie….want dit gebeur in n oogwink!!ons innige simpatie en vrede vir die ouers,familie en vriende…..

tw ·

Peet, my maat, moenie so vinnig afleidings maak nie. As n kind van sy fiets afval en sy arm breek is dit ook bloot nalatigheid. Geen, maar geen ouer kan elke sekonde van die dag aan die sy van sy kind wees nie. Ongelukke soos hierdie gebeur binne sekondes. Ek persoonlik ken n gesin waar n soortgelyke tragedie plaasgevind het, alle voorsorgde was getref, maar hulle engel-seuntjie was binne n oogwink weg. Sterkte aan die ouers.

Judy-Anne ·

My Vriendin sê seuntjie het ook verdrink en hulle het omheining, swembad net en toegemaakte stoep waar hy gesit en speel het, hy was bitter lief vir swem en kon swem , maar daardie dag was hy 5min alleen op die toegemaakte stoep soos menigte male en in daardie tyd het hy dit regekry om al die “sekuriteit” te oorbrug want hy wou swem, die water was bitter koud en is vermoed hyt geskrik toe hy inspring en water ingeasem. Hy is ongelukkig na baie lang tyd in hospitaal en rehabilitasie oorlede. Dit gebeur bitter vinnig en jy kan selfs verdrink aan ‘n koppie water so wees Versigtig om net te oordeel dat mense nalatig was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.