Baba verdrink in swembad

(Foto: Netcare 911)

’n 14 maande oue dogtertjie het Donderdagoggend in ’n swembad aan die KwaZulu-Natalse Suidkus verdrink.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die nooddiens is omstreeks 10:15 na ’n woonkompleks in Pennington ontbied, nadat ’n familielid die dogtertjie in ’n swembad in die kompleks aangetref het.

Met paramedici se aankoms op die toneel het sy glad nie reageer of asemgehaal nie.

Herbst sê dit is nie duidelik hoe lank die dogtertjie in die water was voordat sy te hulp gesnel is nie.

Sy kon ten spyte van paramedici se beste pogings nie bygebring word nie. Volgens Herbst het haar toestand vinnig versleg en sy is dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anoniem ·

Hartseer. Waar is die omheining en net of seil oor die swembad?

Sussa ·

ek weet hulle se kinders word gehoor en nie gesien nie maar genade daai dogtertjie is nog baie klein, sys veronderstel om onder ha ouers se voete te speel

Gerhard ·

My kinders (1 en 4 jaar oud) moet maar onder my voete lawaai soos hulle wil. Ek is verantwoordelik vir hul veiligheid.

Ek verstaan ook nie hoe so iets gebeur nie. baie hartseer.

Belinda ·

nou waar was die ouers as die kind tyd gehad het om tot by die kompleks swembad te kom? en waar is die omheinings ens? dis alles deur nalatigheid. Arme kind…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.