Baba verdwyn ná ouma hom in veld los

Abukhanyisile Sitebisa. Foto: Verskaf

Abukhanyisile Sitebisa. Foto: Verskaf

Die Oos-Kaapse polisie het die publiek versoek om ʼn baba te help opspoor wat verdwyn het nadat sy ouma hom glo alleen in ʼn veld gelos het.

Kapt. Siphokazi Mawaiza, polisiewoordvoerder, het gesê die eenjarige seun, Abukhanyisile Sitebisa, is Sondag omstreeks 08:00 alleen gelaat naby ʼn rivier in die Mbulelo-township naby Stutterheim.

“Daar word beweer dat die 42-jarige ouma die kind daar gelaat het omdat die kind se ma nie na hom omgesien het nie,” het Mawaiza gesê.

Die voorval is Dinsdag by die polisie aangemeld. ʼn Soektog is van stapel gestuur, maar die kind kon nie opgespoor word nie.

Die ouma is in hegtenis geneem op aanklag van kinderverwaarlosing. Sy moet binnekort in die Stutterheim-landdroshof verskyn.

Die polisie het enigiemand met meer inligting oor die voorval of wat weet waar die baba is, versoek om sers. Ursheline Thompson van die King Williams Town-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings by 071 671 2713 of 043 642 1016 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Se maar net ·

Jy weet die ouma is nie die woord Ouma werd nie. En die ma moet ook sommer in die hof verskyn. En ek hoop van harte hulle word werklik gestraf vir die onmenslike daad!!!!!
Mag die kindjie lewendig gevind word,

Gesiggie ·

Jou dom Ouma, die Ma kan nie na hom omsien, en wat doen jy ? los hom alleen in die veld? jy kan ook nie na hom kyk ? hy is 2 jaar oud? daar is n rivier” so hy kon verdrink het… hoekom dan nie teminste die kind na n polisie stasie toe vat, of vir iemand anders gee sodat hul hom kan versorg.. ek hoop die arm seuntjie is ok, en dat die Ouma en Ma mooi sal dink… wat hul gedoen het” meskien kan iemand anders beter na hom kyk….

christine ·

Het al n luma gesien in n gebou waar ek gewerk het. Die kind het in elke kantoor ingehardloop so twee jaar oud sy het elke keer as sy hom daar uithaal hom geknyp tussen sy bene met haar hand in sy doek. Wou haaraanrand toe hoor ek syt my baas grootgemaak en kom leen elke keer geld by hom. Toe weet ek hoekom hy so ontevrede ou was

TALITA ·

Ek sou hom nie teruggee nie dis verseker. Hoop regtig hy is ok.

Lydia ·

Hoekom as dit Sondag oggend 08;00 plaasgevind dit eers Dinsdag aangemeld. Daai baba kon al sondag opgespoor geword het. Dis nalatig van die ouers om 2 dae te wag voor hulle die ouma aangee. Ek hoop hy word opgespoor en het nie in die rivier beland!!

Subeth ·

Ai mense, dis winter! Hoop die kleinding oorleef die vreeslike koue so ontbloot in die veld… Ek het nie woorde nie.

jennifer ·

sal my nie verbaas as ouma nog haar eie baba moet grootmaak, sy was seker moeg daarvan om haar dogter se baba op te pas. Blameer die ANC wat deur die uitbetaling van “grants” vroue aanmoedig om babas te produseer . My huiswerker het op 48 nog n baba gekry sodat sy die” grant” kon kry. Daarby het ek gehoor meer as 60% van die babas het n geboortesertifikaat waar geen vader genoem word nie, net die moeder se naam.

Anna ·

Maroela hou ons asb op hoogte van die saak…ek hoop so die seuntjie word gevind.

st ·

Naby n rivier. Arme baba. :( ek verstaan nie hoe mense n kindjie so iets kan aan doen nie. Media vol van die goed deesdae. Hartseer.

broos ·

lyk my die appel val nie ver van die boom af nie……as jy jou kleinkind so kan verwaarloos en weggooi dan is dit duidelik wat jy met jou eie kind ook gedoen het, en is dit hoekom sy dit met haar kind gedoen het….en tussen dit als is dit ‘n onskuldige kleintjie wat lei

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.