Baba verdwyn uit Alberton

Eden Laird (Foto: Pink Ladies)

Die 13 maande oue Eden Laird het Woensdagoggend uit Brackendowns in Alberton verdwyn.

Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor, het aangedui dat die huishulp die oggend omstreeks 08:45 saam met Eden gaan stap het, maar nie teruggekeer het nie.

Eden het ʼn grys sweetpakbroek met pampoene daarop en ʼn oortrektrui met die woorde “Granny Sunshine” daarop, aangehad. Hy het ook ʼn grys-en-donkerblou trui aan.

Kol. Lungelo Dlamini het aan Maroela Media bevestig ‘n saak van ontvoering word ondersoek. Hy wou nie enige kommentaar lewer oor ‘n moontlike losprys wat geëis is nie. “Ons volg alle leidrade op om die oortreders aan te keer,” het hy gesê.

Meer inligting sal volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Merri ·

Ek kan my nie indink waardeur hierdie baba se familie gaan nie. Ek bid vir Eden, dat hy veilig aan sy ouers sal terugbesorg word!

Linda ·

Kan iemand dalk se wat se merke is op die kind. In die foto lyk dit na blou merke…

Marietjie ·

@Linda Dit lyk sommer net soos merke van iets waarmee hy gespeel het

C Bez ·

Hoekom is geen foto van huishulp al geplaas nie? En haar besonderhede id naam iets sodat die gemeenskap kan help soek nie..Ons almal in area kan help.. sekerlik moet die ouers al haar detail he.om haar te kan vind? en opspoor?

Ai ·

Ek wil ook graag dit weet…hulle se die kind is “ontvoer”…plaas dan inligting van die “ontvoerder” wat tog sekerlik aan julle bekend is…dit sal mos dan die soektog kan vergemaklik

jessica ·

Ek wil dit ook weet, hoekom geen besonderhede van die nanny nie, was daar geen camera’s om tesien wat gebeur het to sy uit die hek is nie met die baba nie, het sy in ‘n kar vrywillig geklim of is sy in gedwing in ‘n kar. hulle moet die baba kry iemand moet tog sien die baba alleen met die nanny.

Elvira Bothma ·

Ons bid dat julle seuntjie veilig gekry sal word. Mense word wakker. Min mense kan deesdae vertrou word. Werk maar self.

PJJ ·

Ag asseblief. My huishulp is ‘n wonderlike mens en soos ‘n 2de ma vir my kind. Hou op om almal met dieselfde stok te slaan. Dis vertraag! Ek hoop hierdie ou mooi seuntjie word veilig gevind.

Gemsbok ·

My liewe PJJ.

Waarom dink jy haat Malema die witmense so? Hy sê self dat hy as kind na homself moes omsien terwyl sy ma as huishoudster witmense se kinders grootgemaak het.

Jy en mense soos jy sit die dood in ons kinders se pot.

Botha ·

Hi Gemsbok.

Ons almal werk, so wat jy vir my sê dat as my vrou nie werk nie gaan my seun wraak neem teen die Germans?

Pasop ·

JA PJJ, hier het die ma ook nie almal oor een kam geskeer nie . ook gedink haar babatjie is veilig by haar huishulp EN NOU???? Ek bid regtig dat die ou pragtige dingetjie veilig gevind sal word .. EK HOOP net die eienaars het haar naam en ID en alles wat nodig is want soms huur jy iemand uit nood om na jou kind te kyk en doen nie al jou huiswerk nie .. DIT moet aaklig wees om nie te weet waar jou kleinding is nie . MENSE ASB .. die is nie meer SA 30 jaar gelede nie .. neem julle kinders kleuterskole toe.

Anne ·

Niemand is te vertrou nie, pas jou eie kind op of vra familie dis die veiligste opsie

Bekommerd ·

Ai, dis verskriklik hartseer! Mag die kindjie veilig gevind word. As mens moet werk, sit maar jou kindjie by ‘n geregistreerde dagmoeder met ‘n goeie track record. Dis die veiligste alternatief as mens nie familie het wat kan uithelp nie. Baie sterkte aan die familie. My hart gaan uit na hulle.

Nagmerrie ·

Hierdie was een van my grootste vrese toe my kinders klein was.
Mag hierdie pragtige baba veilig gevind word.?

Nagmerrie ·

Ek kan my skaars indink waardeur hierdie familie moet gaan. Jou kind is jou prioriteit, so die pyn en onsekerheid hiervan gaan die ouers mal maak. Ek hoop uit die diepte van my hart dat hierdie baab veilig opgespoor sal word <3

Koos ·

Kom ons hoop vir die beste. Mense moet ophou om hulle kinders deur volksvreemdes te laat grootmaak!

Tessa Smit ·

Here beskerm asb hierdie seuntjie in Jesus Naam. Ons vertrou die HERE dat hy ongedeerd gevind sal word, en veilig in sy ouers se sorg geplaas sal word. Dankie Jesus.

Onnie ·

Party huishulpe is net so lief vir die baba soos jy. Ek weet, want ek is 36 en my Xhosa “sissie” wt my op ha rug grootgemaak het bel my nog elke jaar op my verjaarsdag. Sy beskou my as been van ha eie kinders. Hoe weet julle wat gebeur het. Dalk is hulle aangeval? Dalk het sy took seergekry?

Elvira Bothma ·

PJJ ek slaan gladnie almal met dieselfde stok nie.. jys een van die gelukkiges.

Onnie ·

Party huishulpe is net so lief vir die baba soos jy. Ek weet, want ek is 36 en my Xhosa “sissie” wt my op ha rug grootgemaak het bel my nog elke jaar op my verjaarsdag. Sy beskou my as een van ha eie kinders. Hoe weet julle wat gebeur het. Dalk is hulle aangeval? Dalk het sy ook seergekry?

SA Moordmuseum ·

Die wereld se toeriste moet sien wat suid afrikaners onder die ANC met bejaardes en babas aanvang.

Gemsbok ·

Hou op om goedkoop, vreemde huishulpe te gebruik om jul kinders groot te maak. Dis ‘n skandvlek op Afrikanerouers dat jul nie na jul eie wil omsien nie.

Lorette ·

Gemsbok, ek wou graag my eie kinders grootmaak! As jou gegradueerde man se salaris egter in die beginjare R600.00 p m was, moes mens maar uispring en help. As ek moes wag totdat ons kinders kon bekostig, sou ons nooit kinders gehad het nie!!!!!!!

Hes ·

Dit was ook die eerste ding wat ek opgelet het, daars merke oor die hele gesiggie, veral langs die mondjie en bo die koppie. Dit pla my . Ek hoop hy’s veilig.

Arizona ·

Julle gaan my dalk nou baie sleg se maar hier is iets anders aan die gang. Ek begin twyfel of die oppasser ook n “victim” is. Sterte vir mamma en pappa. Julle is in my gebede.

Anne ·

Lyk my iemand het of mamma se lipstiffie of n koki in die hande gekry!
Here – beskerm asb die baba!!!

Grimering ·

Beste Anri. Die merke is grimering waarmee hy gespeel het. Familie van sy ouers het dit geplaas na ander mense ook daaroor gewonder het.

dom ·

Ooo jy het seker jou kinders in n glas kas uitgestal. Kopp nooit gestamp nie. Skrapies nooit opgedoen nie.

Inay ·

Inskrywing op facebook sê n familielid dat die foto geneem is nadat hy lipstiffie in die hande gekry het. Die ou gesiggie is net vuil van speel.

wilma ·

Die seuntjie se hele lyfie lyk vir my vol “merke” veral die beentjies en voetjies. Wat is die kans dat hy dalk in modder gespeel het?

Riana ·

Wilma ek wou presies dieselfde vraag vrae waarom is sy lyfie blou kolle. Het gewonder of hy goed genoeg versorg deur nanny. Sien hele kop is erg blou kolle. Daar sal nooit getuie wees want die kind kanie praat nie

Lila ·

Die arme kind ae gesiggie lyk erg met al daai merke.Sal graag wil weet wat het daar gebeur.Lyk amper of iemand die kind aangerand het.Hoop hulle kry hom gou

Leer tog lees ·

Die kind het met sy mamma selipstiffie gespeel. Dalk moet julle die vorige kommentare lees voor julle kommentaar lewer.
Hoop die kind word gevind. Kon hulle nke n foto verskaf sonder die merke nie.

Rerig ·

Rerig, daardie gesiggie is vuil, kyk sy voetjies is vol sand. Daardie is nie ‘n aangerande seuntjie nie, maar ‘n foto van ‘n super gelukkige seuntjie. Voel as jy nie iets positiefs kan bydra nie, bly liewer maar stil asb.

Monique Joubert ·

Regtig? Ai dis baie lelik om eers so iets te plaas….. lees die kommentaar voor mense assume….. hyt met sy mamma se make-up gespeel…. en hoekom dink mens dadelik die kind word aangerand oor hy merke het? Genade my seuntjie het begin loop op 8.5maande en hy was vol merkies oor hy oral geval het. Mens kani 24 uur na die kinds kyk nie, hulle moet leer en groot word….. die laggie op sy bekkie se my net 1 ding….. hy is ‘n gelukkige kind

SW ·

Hy het met grimering gespeel, dis al! Kyk na sy voetjies, alles is sommer lekker vuil gespeel. ‘n Familielid het gesê dis net grimering. As iemand hulle kind martel, dink jy regtig hulle sal ‘n foto plaas vir die hele wereld om te sien??? Hulle sou sekerlik ‘n ander foto soek. Tog.

SW ·

Dis net grimering! Dink jy regtig as iemand hulle kind aanrand sal hulle ‘n foto plaas vir die hele wereld om te sien? Sy voetjies alles is sommer lekker vuil gespeel. Tch.

treurgrond ·

Goeiemore – al die negatiewe kommentare moet vermy word. Hierdie baba moet aan sy moeder en vader terugbesorg word. Jesus beskerm Eden my Jesus U weet wat Eden deurgaan en sy mamma hulle – beskerm hom my Jesus.

Lanie ·

Hoekom kan ons nie net ophou vinger na ander toe wys nie. Hoekom staan ons nie net saam in geloof nie.
Hoekom is dit altyd so maklik om te oordeel as om hulp te verleen. Kom ons buig ons knee en vra saam dat God hom terug bring huis toe.

JSG ·

Ek dink jy is nader aan die waarheid as al die ander kommentaar. Vrae wat moet gevrae word is, hoe lank werk die huishulp daar?, is sy nie dalk saam met die baba ontvoer? Waarom dink almal sonder om te dink die huishulp het iets daarmee te doen? Wag tot die waarheid uitkom voor enige kommentaar gelewer word.

Elize ·

Ek neem aan die ouer sou die huishulp se ID nommer en adres hê want dis gewoonlik eerste wat mens vra voor jy iemand aanstel, en dat hulle reeds met haar familie in kontak was.
Hoekom is daar nie ‘n ID foto van haar ook op nie. Dalk is sy langs die pad oorval en en sy en die baba ontvoer.

Kannaland ·

Ja, jy moet altyd weet presies wie die oppasser is, waar die oppasser bly plaaslik, wie die oppasser se familie is (wat oorsee kan wees), ID of paspoortnommer, vriende, familie wie jy kan kontak. KEN JOU OPPASSER.

Katerina ·

My huishulp van jare gelede toe my volwasse dogters nog klein was, en ek, is na al hierdie jare nou nog sulke goeie vriende. Sy en my gesin is so lief vir mekaar, sy was twee jaar terug vir Kersfees by ons,en kom hopelik die jaar weer. Vrou met n hart van goud,wat voor n hondsdol weerwolf sou inspring vir my kinders. Ek wonder of die huishulp nie ook iets oorgekom het saam met die seuntjie? Ek weet mens kry maar vrot huishulpe ook,het van hulle ook gehad,wat steel en onbetroubaar was, maar sekerlik moet hierdie huishulp mos weet sy is eerste verdagte as die kind iets oorkom?

Monique Joubert ·

Nie almal het finansies om hul kiddies in skole te sit nie , mens moet die pot aan die kook hou, so mens dink en glo jy kan ander mense vertrou om na jou kind om tesien oor dit bekostigbaar is…. moenie die ouers kruisig oor hul besluit nie, mens glo en vertrou…. eks jammer dit moes gebeur en ek bid en glo dat die klein mensie gevind gaan word…. vir die wat wonder oor die “merke” op sy gesig…. mense kyk hoe gelukkig is daai mannetjie, hoe kan julle eers dink daar gaan iets anders aan….. ai mense moenie assumptions maak nie…. bid asb net dat hy veilig gevind GAAN word

Susan ·

Ek het nooit laat my huishulp my kind van die erf af vat nie. Ek sien dikwels hoe huishulpe met kinders stap of op sypadtjies sit… en ek vrees vir daai kinders en wonder hoe ouers dit toelaat (of selfs of hulle eers daarvan weet). Hoop hierdie seuntjie word sommer GOU gevind!!

Alida ·

Liewe hemel mense hou op om al in die rondte redeneer oor betroubaarheid en snert. Help eerder soek na die kind en hou julle oë en ore oop. Hoop hy word ongedeerd gevind.

Susan ·

Heeltemal onwaar… nie NOOIT nie. Party huishulpe is engele en tweede ma’s vir die kinders. Gaan selfs met vakansie saam die famielie om te help met die kinders.

GM ·

My eerste gedagte was ook, hoekom laat ouers nog hul kinders in die sorg van mense wat ons so haat? MAAR ek besef almal kan nie oor dieselfde kam geskeer word nie, en alle mamma’s kan nie by die huis by hul kinders bly nie. Ons mensdom moet ophou om als NET in wit en swart te probeer sien, en besef daar is ‘n grys middelweg ook. Almal se omstandighede verskil. Daarmee sê ek nie als moet oorgesien word nie, net dat mens soms meer menslik kan probeer wees. Almal het nie ouma’s en oupa’s wat na hul kleinkinders kan omsien terwyl albei ouers moet werk nie. Baie mense voel ook hul kind kry meer individuele aandag as hul iemand kry om na hul kind te kyk by hul huis eerder as om van ‘n kleuterskool gebruik te maak (waar hul ook kinders oor mure kan tel). Die eerste opsie is vir my gevaarliker want min mense kan nog vertrou word, en daar is minder oë wat goed raaksien, maar dis my siening. Netso kyk ek ook na my eie kinders en doen my eie huiswerk, maar weereens, my omstandighede verskil van dié van die enkelmamma of pappa, of die mamma/pappa wat al AL die luxeries uit hul budget uitgesny het, maar nogtans moet gaan werk om net te kan oorleef. Ek hoop die seuntjie word gou, en ongedeerd, gevind! EN dat die huishulp ‘n BAIE goeie verskoning het as hulle haar in die hande kry.

Ekke ·

Watter tyd in die oggend om met die kind te gaan stap ????? Regtig ??

Spook ·

My kleinding lyk dieselfde nadat sy die grimering of n “highligter” beet gekry het☺ Dit lyk baie na grimering as ek daarna kyk…

Vleis ·

Wys jou hoe sleg ons witmense eintlik is, julle kan nie eers op so post kommentaar lewer sonder om mekaar uit te haal nie. Bedaar mense.

LL ·

Ag mense, hou op aantuigings maak en belaglike kommentaar lewer. Die feit is die kind is vermis en moet gevind word so deel die berig met almal wat jy kan sodat die kind gevind kan word. Niemand weet wat regtig gebeur het nie so hou op vingers wys en fout soek. Party mense is darem gou om te oordeel sonder dat hulle die regte feite het.

jessica ·

Die berig se die baba is verdwyn uit ALBERTON, wonder of hy land uit is dan, hoop nie so nie, mag hulle die ontvoerders gou opspoor. Waar is die nanny se photo of was sy in diens net vir een dag, strange sy is uit die erf met die kind toegelaat. Here bewaar die baba en mag hy terug kom huis toe.

FM ·

Arme ouers. Hoe slaap jy as jou kind om een of ander rede weg is.Die seuntjie is nog so klein. Sterkte vir die ouers, hoop die seuntjie word gou ongeskonde gevind.

OOOOORRDEEEELLLLL ·

Mense asb gaan kyk tog na die BETEKENIS van OORDEEL in die HAT dan kom lewer julle weer kommentaar. Daar is allerhande ander woorde ook soos SPEKULEER en WONDER en DINK en BESPIEGEL, alles is nie OORDEEL NIE … EN niemand van julle is engeltjies nie .. so kom oor dit .. ONS SAL BESPIEGEL oor die kind .. dit is ‘n onskuldige babatjies en almal probeer ‘n OPLOSSING soek . as dit dan OORDEEL IS .. LET IT BE!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.