Baba verlate in Bfn-middestad gevind

baba1‘n Week oue babaseuntjie is Saterdag in die Bloemfonteinse middestad in die Vrystaat gevind.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die babaseuntjie is in Central Park gevind. Hy was in ‘n kombersie toegedraai en het ‘n warm mussie op sy kop gehad.

“Nadat hy deur paramedici ondersoek is, is daar bevind dat hy in goeie gesondheid is,” het Botha gesê.

Botha sê die babaseuntjie is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir die nodige mediese sorg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Xpat ·

Hoe sal ons weet wat die storie agter die baba is? Dalk ‘n honger mamma wat nie kan ophou huil nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.