Baba vermis ná kapingsdrama; beloning aangebied

Die baba wat vermis is (Foto: Verskaf)

Die baba wat vermis is (Foto: Verskaf)

ʼn Maand oue babadogtertjie is steeds vermis ná ʼn kaping Vrydagmiddag in Durban.

Lt. Kol Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn ma, ʼn maand oue baba en ʼn agtjarige kind het in ʼn wit Toyota Yaris gesit het toe twee gewapende mans hul nader. “Die ma was besig om te borsvoed. Hulle het haar laat uitklim, toe die motorsleutels by haar geëis en die baba saam met hulle geneem,” het Zwane gesê.

Zwane het gesê die agtjarige daarin kon slaag om uit die motor te spring voordat hulle met hom ook kon wegjaag. “Die ma het ons onmiddellik gebel en ʼn soektog is van stapel gestuur.”

Die voertuig kon opgespoor word danksy ʼn Netstar-opsporingstelsel wat in die motor was. “Ons het die voertuig vanmiddag so twee uur ná die voorval teruggekry in die voorstad Montclair. Die baba word egter steeds vermis,” het Zwane gesê.

Die voertuig word tans ondersoek vir DNS van die kapers om hulle sodoende te probeer vastrek.

Intussen het East Coast Radio ʼn beloning van R10 000 uitgeloof vir enigiemand wat met inligting vorendag kan kom. ʼn Anonieme luisteraar het ʼn verdere R10 000 aangebied vir enige inligting oor die kapers en waar hulle moontlik kan wees.

Die ma en die agtjarige is nie in die voorval beseer nie.

Die soektog na die kapers duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Caru ·

Ag Nee !!! Ons bid vir veilige terugkeer en vir vinnige opsporing. Ag siestog ?

sharon ·

My hart breek in duisend stukke oor hierdie berig. Mag ons Vader Sy hand oor hierdie baba en haar gesin hou

Asmain ·

Was die baba dalk van die begin af die teiken?
Human trafficking? n Realiteit in ons siek samelewing.
Sterkte aan die ouers!

Christa ·

Ek het ook gewonder of die baba nie dalk die eintlike teiken is nie? Is die ma en pa in ‘n goeie verhouding of probeer iemand die ouers afpers? Ek hoop en bid sy word spoedig veilig gevind!!!

Mandy Ackhurst ·

Die motor met die baba is in Seatides gevind, baba is ongedeerd.

Jeanette ·

Hi kan jy asb se waar jy inligting gekry het dat baba gevind is asb?

Mandy Ackhurst ·

Ekskuus almal, daar was op ‘n groep vermeld dat die baba & motor in Seatides gevind is, maar dis nie waar nie. Die motor is in Montclair gevind sonder die baba. Die baba is nog vermis.

T ·

Ag nee! Ek bid saam dat die mamma se baba veilig gevind word. Hoe wreed kan mense nog wees.

T ·

Sien nou eers die boodskap van Mandy. Dankie dis wonderlike nuus.

Landi Slatter ·

Dagsê lesers

Dankie vir die boodskappe. Maroela Media het weer navraag gedoen by Kyle van Reenen van Marshall Security en die polisie, en beide bronne het ons verseker dat die baba inderdaad nog vermis is. Die motor is wel opgespoor. Ons sal wel ʼn opvolg skryf sodra die baba gevind is.

Groetnis

Abigail ·

Ek sal van my trollie af raak! Ek kan nie imagine hoe daai ma voel nie. Ek bid hulle kry die babatjie :(

Juanita ·

Maand oue baba wat geborsvoed word is totaal en al van ma afhanklik – as skuldiges gevang word moet hulle never ever buite Kant van tronk weer sien. Scumbags!

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek het my baba’s ook geborsvoed maar nie in die straat in ‘n stilstaande motor nie. Borsvoed in die publiek is nie deel van my opset nie. Dis hartseer as jou babatjie van jou geneem word maar mens moet ook jou eie veiligheid tesame met jou kinders s’n in aanmerking neem en jy sit nie in ‘n stilstaande voertuig in die stad nie, kinders of nie. Dis gevaarlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.