Baba wat byna verdrink nou stabiel

Aiden Roberts. Foto: Verskaf

Aiden Roberts. Foto: Verskaf

Aiden Roberts, die 18-maande oue baba van Middelburg in Mpumalanga wat Dinsdag byna in ʼn swembad verdrink het, sal Saterdag uit sy geïnduseerde koma gebring word waarna dokters sal vasstel of hy breinskade opgedoen het.

Clarise, Aiden se ma, het Vrydag aan Maroela Media gesê hy is nou op ʼn gewone ventilator aangesien sy longe stabiel is. Dokters kon ook vasstel dat daar nie swelling op sy brein is nie.

“Ons weet nog nie of hy breinskade opgedoen het nie. Ons sal eers sien wanneer hy wakker is,” het Clarise gesê. “Die dokters het sy bloeddrukmedisyne verminder om te kyk of hy daarsonder oor die weg kan kom en ons hoop hy is sterk genoeg dat sy bloeddruk stabiel sal bly.”

Aiden word sedert Dinsdag onder verdowing gehou in die hoësorgeenheid van die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg. Hy het in die swembad beland toe sy oupa per abuis die hek na die agtertuin oopgelos het. Hy was onder die indruk dat Aiden saam met sy ouers winkel toe is. Clarise het kort daarna by die huis gekom en haar kind in die swembad sien dryf met sy gesig na onder.

Aiden het nie ʼn mediese fonds nie en die familie het ʼn trustfonds gestig om sy mediese onkoste te dek. Skenkings kan by die volgende rekening inbetaal word:

Aiden Roberts Mediese Trust
Eerste Nasionale Bank (FNB)
Tjekrekening
Rekeningnommer: 62535261060

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SNEL ·

Bid vir julle en jul kleinding. Bid, glo en vertrou dat hy geen breinskade sal hê nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.