Die 14-maande oue babaseuntjie wat Dinsdag tydens ʼn huisroof in Protea Glen in Soweto ontvoer is, is gevind.
Maroela Media het vroeër berig Siya Mlambo is ontvoer nadat twee verdagtes sy ma na die gesin se huis gevolg het. Hulle het die huis binnegegaan en geld van die ma en die baba se oppasser geëis.
Die verdagtes het die ma in haar motor ingedwing en na ʼn kitsbank gery waar hulle haar gedwing het om geld te trek. Met hul terugkeer na die huis het hulle die babaseuntjie ontvoer en met selfone en ander huishoudelike items gevlug. Die ma en oppasser is vasgebind.
Die polisie het Vrydag op ʼn mediakonferensie bevestig dat klein Siya ongedeerd in KwaZulu-Natal gevind is. Meer inligting hieroor sal binnekort bekendgemaak word.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Prys Die Here!!!! Arme Mamma moet so verlig wees. Hoop hul sluit daai 2 toe en gooi die sleutels weg.
As ‘n ma was ek geskok oor hierdie storie. Die idee dat iemand in jou huis kan inkom en jou kind steel, is vreesaanjaend. Ek weet nie wat is erger nie: dat ‘n vreemde persoon jou kind vat sonder rede of dat iemand wat jy ken jou kind vat en dreig met die dood. My simpatie aan die ouers. Niemand verdien dit nie.
Dankie Vader,
Beste nuus ooit so op n Vrydag middag
Dankie MM vir die terugvoer…..baie bly oor die nuus, een van die beste goedvoel berigte van die week!
Ek hoop die kleinding is ongeskonde en ek deel in die mamma se vreugde!
Dankie Here vir u genade…soooo bly vir die mamma en baba.