Babadogtertjie by taxi-staanplek gebore

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

ʼn Vrou (31) het Woensdag geboorte geskenk aan ʼn babadogtertjie by die Eastwood-taxi-staanplek in Carriageweg in Pietermaritzburg.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê hulle het die vrou op die grond aangetref met ʼn kombers oor haar en haar baba wat slegs ʼn paar minute vantevore gebore is.

“Hulle was omring deur ʼn groep van meestal vroue,” het Dollman verduidelik.

Die babatjie was nog aan die ma verbind deur die naelstring. “Ons het albei van hulle versigtig na die ambulans verskuif vir privaatheid en beide deeglik ondersoek.”

“Die ma was omtrent verras deur die baba wat ’n paar weke vroeg gekom het. Dit het goed gegaan met die baba, maar die ma het mediese behandeling nodig gehad voor ons haar na ʼn plaaslike hospitaal kon vervoer.”

Albei was in ʼn stabiele toestand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ouma ·

Ag siestog, dit moet darm ‘n vreeslike ondervinding wees om so in die oopte te kraam met hoeveel omstander rondom jou! Ons hoop dit gaan nou goed vorentoe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.